Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-01-19 Views:  1848
Author:  JFK
Published in:  Security/Sekuriteit
Elektriese Heining Alarm

So laat gistraand gaan my elektriese heining se alarm af! Onmiddelik gryp ek my flits (wat ook 'n baton en highvoltage stun-gun is) en sluip draad toe. in die donker kon ek duidelik sien waar die elektriese draad elke sekonde 'flash' en ek skyn toe my flits daar en maak gereed vir wat ookal wag.

Groot is my verligting toe ek sien dis net 'n arme geitjie wat die draad geklim het en per ongeluk met die struktuur in aanraaking gekom het - so hy 'short' toe die heining uit en die 1000de volts jaag deur sy klein lyfie aarde toe. Ek het n boom takkie gevat en hom afgehaal maar was te laat om sy lewe te red. Die volts het 'n gat in sy koppie gebrand waar die elektrisiteit deurgejaag het.

Die moraal van die storie... As jou elektriese heining alarm afgaan en jy is nie bekwaam of bereid om 'n indringer aan te vat, moet NIE uitgaan nie! Bel 'n buurman of...

kontak ons Harties noodlyn 079 017 2299


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer