Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-01-29 Views:  3712
Author:  Fanie
Published in:  CrimeStop!
Afriforum 5 Punt Plan Teen Misdaad - Verslag Van Vergadering

Gisteraand se Afriforum vergadering was baie positief en die Kuierkerk saal was vol belangstellendes.

Hierdie is my indrukke van die belangrikste aspekte van die vergadering.

Indien daar enige amptelike dokument verskyn sal dit ook beskikbaar gestel word.

Die 5-punt plan is laaste aangebied.

 

PIET BEYLEVELD

Aanvanklik het Piet Beyleveld goeie terugvoer gegee oor misdaad statistiek met sy unieke oog om patrone raak te sien. Daar was baie waardevolle punte genoem. Van die wat ek kan onthou is:

- 30% van aanvallers is bereid om moord te pleeg

- Die meeste aanvallers woon binne 10 km vanaf die slagoffer se perseel

- Plaas moorde word nie as plaas aanvalle gekategoriseer nie

- Skelms vind nie gewapende reaksie firmas 'n groot afskrik middel nie, want hulle meet voor die tyd reaksie tye

- Skelms vind wel elektriese heinings en infra rooi strale 'n goeie afskrik middel

- Die beste afskrik middel vir skelms is klein hondjies in die huis  

- Mense in komplekse is nie meer so veilig as wat hulle dink nie

- Sindikate vind huur-huise in komplekse 'n goeie basis, want daar is altyd waarskuwing by die hek as iemand kom

 

PIETER RAUTENBACH

Pieter het Afriforum bekendgestel en hulle suksesse betreffende sekuriteit deurgegee. 

Met 120,000 lede is Afriforum besig om landwyd 'n verskil te maak ook op sekuriteitsgebied.

Afriforum is nie hier om buurtwagte of radio netwerk oor te neem nie, maar om te koordineer en te ondersteun.

Die voorbeeld is genoem waar verskeie taxi's opgedaag het in 'n landelike massa patrollie poging en suksesvol deelgeneem het aan die patrollie. So wys dit hoe gemeenskappe met verskillende agtergronde kan saamwerk teen misdaad.

Dit is die eerste keer in 'n lang tyd wat al die verskillende buurtwagte saam span in ons dorp.

Toe Pieter hierdie stelling maak het die mense spontaan hande geklap. 

 

VOORSITTERS

Die Buurtwag Voorsitters het hulle buurtwagte aangebied.

Statistiek van die Sektor 1 buurtwagte is min of meer as volg:

- Schoemanville BW: Meer as 300 lede, Meer as 100 patrolleerders

- Ifafi BW: Ook meer as 300 lede en meer as 100 patrolleerders

- Meerhof BW: Meer as 60 lede en 35 patrolleerders

- Plotwag: Meer as 400 lede en 25 patrolleerders

- Harties Watch Estates: Meer as 100 lede en 50 patrolleerders

 

5 PUNT PLAN

Die 5 punt plan is as volg:

1) Sentrale beheer sentrum

Hierdie sentrale beheer sentrum gaan alle buurtwag patrollies tot tot 'n eenheid saamvoeg in terme van inligting en kommunikasie.

2) Plakkers

Fokus om die Dept. van Openbare werke aan te spoor om 'n klag te lê teen besetting op staatsgrond onder andere by 10 Rooms. Bestaande plakkers hutte moet ook gemerk word.

3) Leë Huis Besetting

Op die plotte en in die dorp is daar verskeie leë huise wat beset word deur baie onwettige inwoners.

Daar is bewyse dat misdade vanuit hierdie besette huise gepleeg word.

Fokus gaan wees op hierdie probleem gevalle. 

4) Staat Aanklag Proses

Carmea Huyshamen het verduidelik hoe die proses verder gedryf kan word indien die staatsaanklaer 'n saak van die rol skrap of sogenaamd "nolli prosecu". Die Hof kan magtiging gee aan 'n privaat ondersoeker om die ondersoek verder te neem. Fokus plaaslik om borgtog wat onregmatig aan onwettige immigrante verleen word.

5) Massa Patrollies

Fokus gaan wees op sigbaarheid deur massa patrollies, wat nie net al ons lokale buurtwagte gaan insluit nie, maar ook die buur-areas soos De wildt.

 

RB DU PREEZ

RB du Preez is die Afriforum Hartbeespoort tak Voorsitter.

RB was destyds die leier van die Hartbeespoort Kommando wat die nasionale sleutelpunt by Necsa beskem het onder gesag van die RSA Weermag.

RB het aan die mense gevra en die saal het eenparig aangedui die 5-punt plan is aanvaarbaar en dat voortgegaan moet word met implementering.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer