Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-01-31 Views:  1387
Author:  Fanie
Published in:  Harties Heritage/Erfenis
HOEV / HEHA Artikel 007: Nooitgedacht Gevegsterrein

HOEV: OPNAME VAN BESIENSWAARDIGHEDE                     Nr 007

HEHA: SURVEY OF HERITAGE SITES                                     No 007

 

NOOITGEDACHT GEVEGSTERREIN

DATUM 13 DESEMBER 1900

SAEA BESKERMING (60jr) ja

VERKLAAR ?. GELYS ?

GPS data:X 27.32.45 Y –25.51.38 (en X 27.32.06 Y –25.51.10)

NOOITGEDACHT  471 JQ

PAD: R560 vanaf Hekpoort weswaarts rigting Rustenburg. 2 km na T-aansluiting van Krugersdorppad draai regs ‘n grondpad uit na Nooitgedacht. Na 6 km draai die pad skerp links. Na 1km lê die terrein regs.

EIENAAR / KONTAKPERSOON: Cliff Saunders 014-5761307,  0824499075

 

 

 

 

Die gevegsterrein van Nooitgedacht: Clements se kamp was naastenby in die plek waar die huis op hierdie foto is. Die berg aan die linkerkant is die hoogste piek in die Magaliesberge. Dit is daar wat die Boere die Engelse wagpos oorrompel het.

 

The battle field of Nooitgedacht: Clement’s camp was more or less in the position of the house in this picture. The mountain in the left-hand background is the highest peak in the Magaliesberg. It is here that the Boers fought the English guards.

 

Nadat die Britte op 5 Junie 1900 Pretoria ingeneem het, het daar nog een geveg in gewone stellingsoorlog by Donkerhoek plaasgevind. Hierna het die Boeremagte hergroepeer en met die guerella-oorlog begin wat nog tot 1902 sou aanhou. Generaal Koos de la Rey het die bevel oor die magte in die Wes-Transvaal gevoer. Die bergagtige gebied in die Magalieseberg-omgewing was uiters gunstig vir die soort oorlog en daar het dus verskeie gevegte plaasgevind waarin De la Rey en die Boere dikwels in hulle doel geslaag het. ‘n Lys van die belangrikste gevegte is:

 

  • 11 Julie 1900: Dwarsvlei.
  • 11 Julie 1900: Silkaatsnek.
  • 11 Julie 1900: Onderstepoort.
  • 21 Julie 1900: Olifantsnek.
  • 2 Augustus 1900: Silkaatsnek.
  • 4-16 Augustus 1900: Elandsrivier.
  • 3 Desember 1900: Buffelspoort.
  • 13 Desember 1900: Nooitgedacht.
  • 29 Mei 1901: Vlakfontein.
  • 30 eptember 1901: Moedwil.

 

Die belangrikste van hierdie gevegte en die grootste oorwinning vir die Boere was díe van Nooitgedacht. Generaal-majoor R A P Clements was met ‘n mag van 1500 man, 9 kanonne en meer as 100 waens in die Moot besig om plase te plunder, huise af te brand en vrouens en kinders gevange te neem om na konsentrasiekampe gestuur te word. Op 8 Desember het hierdie groot mag aan die voet van die Magaliesberg op die plaas, Nooitgedacht kamp opgeslaan. Die plaas het aan ‘n Engelse familie behoort wat die omgewing goed geken het en die nodige inligting voorsien het. Clements het egter ‘n baie dom plek vir sy kamp net onderkant die hoogste piek van die Magaliesberg, gekies. Hy het ‘n seinkorps en wag van 150 man met ‘n steil kloof opgestuur tot bo-op die berg waar hulle aan weerskante van die kloof stelling ingeneem het.

 

Generaal de la Rey en die nuut aangestelde generaal Jan Smuts het vanaf hulle versteekte waarnemingsposisie verder wes in die Moot die opstel van die kamp en die afgesonderde wagpos dopgehou en hulle planne agtermekaar gekry. Intussen was generaal C F Beyers wat die bevel oor die Boeremagte in Noord-Transvaal gevoer het besig om na Bethanie noord van die Magaliesberg op te ruk. Hy het 1500 man onder hom gehad en die Boere het dus gemeenskaplik oor ‘n groter mag as Clements beskik, iets wat maar selde in die hele oorlog gebeur het.

 

Tussen die twee Boeremagte was die Britte se generaal Broadwood egter met sy ruitery gestasioneer en sy verkenners het hom oor Beyers se teenwoordigheid ingelig. Beyers het dit vermoed en aan die plaaslike bevolking wat gou genoeg die nuus sou oordra laat verstaan dat hy besig is om teen Rustenburg op te ruk. Broadwood, wat bekend was vir sy voortvarendheid, het in volle galop na Rustenburg gestorm en vergeet om vir Clements te waarsku. Beyers het met De la Rey beraadslaag en sy mag in ses kommandos opgedeel waarvan vier vanaf wes en noord-wes die wagte op die berg sou oorrompel. Hierdie kommandos het onder kommandante Kemp, Marais, Van Staden en Krause asook Beyers self, vroeg die oggend van die 13de Desember teen die kaal noordehang van die berg opbeweeg.

 

Die vyfde kommando, onder kommandant Badenhorst het suid, aan die voet van die berg opgeruk om ‘n losstaande ruiterafdeling van Clements daar aan te val. Die sesde kommando het naby Breedtsnek agtergebly in afwagting van Broadwood wat vanaf Rustenburg sou terugstorm.

 

De la Rey het sy mag intussen teen die hoofmag van Clements nadergebring, terwyl Smuts na die suid-ooste beweeg het om Clements se terugtog af te sny.

 

Beyers se aanval word deur menige geskiedskrywer as van die knapste en moedigste pogings in die oorlog beskou. Weens gebrek aan natuurlike bekerming en uitgeput na twee slapelose nagte en dae, het die manskappe onder die Britte se vuur platgeval en die offisiere se bevele om te storm vir ‘n tyd ignoreer. Deneys Reits beskryf hoe die Engelse se uittartende gelag hulle dan tot woede gebring het en hulle skielik soos een man opgespring het. Hulle was by díe tyd so naby dat geweervuur, geweerkolfhoue en bajonette gebruik is en sommige van die Engelse is van die kranse afgegooi. Teen 7h00 was die Boere in beheer van die berg en het hulle van daar af in die kamp geskiet. Hier het pandemonium uitgebreek en alhoewel die Britse ruiterafdeling eers vir Badenhorst teruggedryf het, het die hele Britse mag op die vlug geslaan.

 

Broadwood het die skietery gehoor en na die wag op die berg heliografeer om uit te vind wat gaande is. Die Boere wat nou die heliograaf op die berg beheer het, het terug laat weet: “Alles onder beheer. Geen hulp nodig nie.”  Broadwood was daarmee gerusgestel.

 

Ondertussen het De la Rey ongewoon huiwerend tot die geveg toegetree en daardeur vir Clements ‘n kans gegun om sy aftog onder beheer te kry. Ook Smuts se optrede om Clements af te sny was ongeslaagd en die Boere het die kamp ongedissiplineerd geplunder en aan die brand gesteek. Dit het vir Clements na sy aanvanklike verlies van ‘n derde van sy manskappe en feitlik al sy voorrade die geleentheid gebied om na Rietfontein (kyk 053) by die Krokodilrivier en van daar na Pretoria te ontsnap.

 

Die Jennings, Sanders en Hinds-families, eienaars van die plaas het vir jare die Engelse se grafte aldaar versorg totdat hulle na die Gedenktuin in Krugersdorp verskuif is. Aan die voet van die berg staan daar nog ‘n klein monumentjie wat deur generaal Clements by die oorspronklike begraafplaas opgerig is. Die graf van veldkornet T van Zyl is nog op die plaas. Die ander Boere is op Breedtsnek begrawe.

 

 

Dramatiese skildery (deur Melton Prior) van die geveg op Nooitgedacht uit Vincent Carruthers: The Magaliesberg.

 

Dramatic picture (by Melton Prior) of the battle of Nooitgedacht from Vincent Carruthers: The Magaliesberg.

 

 

 

Generaal Christiaan Frederik Beyers staan as persoonlikheid uit in die geveg van Nooitgedacht. Bostaande artikel deur Cynthia Dreyer in “hello harties” skets sy lewensloop.

 

General Christiaan Frederik Beyers is the outstanding personality of the battle of Nooitgedacht.  Cynthia Dreyer’s sketch of this remarkable man gives us some background.

 

 

NOOITGEDACHT BATTLE FIELD

DATE 13 DECEMBER 1900

SAHRA PROTECTION (60yr) yes

DECLARED MONUMENT ?. LISTED ?

GPS data: X 27.32.45 Y –25.51.38 (and X 27.32.06 Y –25.51.10)

NOOITGEDACHT  471 JQ 

ROAD: R560 from Hekpoort westerly, direction Rustenburg. 2km after T-junction with Krugersdorp road take gravel road right in direction Nooitgedacht. After 6km road turns left. Then take first farm road to right: Nooitgedacht Battle Field.

OWNER / CONTACT PERSON: Cliff Saunders 014-5761307,  0824499075

 

After the British invaded Pretoria on 5 June 1900, only one regular set battle took place at Donkerhoek. After this, the Boer troops regrouped and commenced with guerrilla warfare, which continued till 1902. General Koos de la Rey led the troops in the Western Transvaal. The Magalieseberg area was very conducive to this type of warfare and consequently numerous battles took place, wherein De la Rey and die Boer troops were often successful. A list of the most important battles is:

 

  • 11 July 1900: Dwarsvlei.
  • 11 July 1900: Silkaatsnek.
  • 11 July 1900: Onderstepoort.
  • 21 July 1900: Olifantsnek.
  • 2 August 1900: Silkaatsnek.
  • 4-16 August 1900: Elandsrivier.
  • 3 December 1900: Buffelspoort.
  • 13 December 1900: Nooitgedacht.
  • 29 May 1901: Vlakfontein.
  • 30 September 1901: Moedwil.

 

The biggest and most successful battle for the Boer troops was the battle of Nooitgedacht. General-major R A P Clements had a contingent of 1500 men, 9 canons and over 100 wagons in the Moot. They were busy plundering farms, burning houses and catching and sending women and children to the concentration camps. On the 8th December this large force was camped at the foot of the Magaliesberg on the farm, Nooitgedacht. The farm belonged to an English family, who knew the surrounding area well and could supply the British with the necessary intelligence. Clements, however chose a bad place to set up camp. It was just under the highest peak of the Magaliesberg. He sent an outlook corp and guard of 150 men up a very steep gorge to the top of the mountain, where they took up positions on both sides of the gorge.

 

General de la Rey and the newly appointed General Jan Smuts noted the set up of the camp and the isolated outlook posts, from their hidden vantage position further west in the Moot, and made their plans. During this time, general C F Beyers was in charge of the Boer troops in the Northern-Transvaal and was busy approaching Bethanie, north of the Magaliesberg. He had 1500 men under his command and thus the Boers jointly had a force greater than that of Clements, something that seldom occurred in the whole of the war.

 

However, between the two Boer forces, General Broadwood was stationed with his cavalry. His informants advised him of Beyers’ presence. Beyers expected this and told the local community, who were quick to spread the news, that he was busy approaching Rustenburg. Broadwood, who was known for his impetuosity, galloped at full speed to Rustenburg, forgetting to warn Clements.

After his deliberation with De la Rey, Beyers split his force into six commandos, four of which would overcome the guards on the mountain from the west and north-west. These commandos were under the command of Commandants Kemp, Marais, Van Staden and Krause and Beyers himself. Early in the morning of the 13th December they moved up the northern slope of the mountain.

 

The fifth commando, under commandant Badenhorst went south along the foot of the mountain, to attack the isolated mounted division of Clements’ army. The sixth commando waited behind near Breedtsnek, in anticipation of Broadwood who would be returning from Rustenberg.

 

De la Rey brought his troops near the main force of Clements’ troops, whilst Smuts moved to the south east, to cut off Clements’ retreat.

 

Beyers’ attack is described by many a historical writer as one of the most able and courageous attempts in the war. Due to a lack of natural cover and exhausted after two sleepless days and nights, the troops fell flat on the ground when the British fired at them and for a time ignored their officers’ command to attack the British. Deneys Reitz describes how the British’s provocative jeering eventually angered the Boer troops so, that they suddenly rose up as one man. They were so close by this stage that gunfire, gun butts and bayonets were used and some of the English were thrown off the cliffs. By 7h00 the Boers were in control of the mountain and attacked the camp from the cliffs. Pandemonium broke out and although the British mounted troops initially drove Badenhorst back, the entire British contingent fled.

 

Broadwood heard the shooting and heliographed the outlook post to find out what was going on. The Boers, who were now in command of the heliograph on the mountain, answered: “Everything in hand. No help needed.”  Broadwood’s fears therefore were laid to rest.

 

In the mean time, De la Rey hesitantly joined the fight. This was uncharacteristic of De la Rey and it allowed Clements time to get his retreat under control. Smuts’ efforts to cut Clements off were also unsuccessful. The Boers, in an undisciplined manner, entered, plundered and set the camp on fire. After the initial loss of a third of his men and nearly all his supplies, Clements escaped via Rietfontein near the Crocodile River to Pretoria.

 

For many years, the Jennings, Sanders and Hinds families, owners of the farm, maintained the graves of the English soldiers until they were moved to the Garden of Remembrance in Krugersdorp. At the foot of the mountain stands a small monument, which was erected by General Clements at the original graveyard site. The grave of T van Zyl is still on the farm. The other Boers were laid to rest at Breedtsnek.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer