Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-02-05 Views:  1454
Author:  Fanie
Published in:  CrimeStop!
De Wildt Aanval Verdagtes Vry Na Beweerde Gebrek Aan Getuienis

Hannes (77) en Annetjie van der Merwe (74), van De Wildt was laas maand op hul plaas aangeval. Hannes moes ʼn kilometer ver na sy bure strompel om hulp te ontbied nadat hy tydens die plaasaanval deur drie verdagtes aangerand en met ʼn strykyster op sy bene gebrand is. Annetjie is ook tydens die aanval geskop en geslaan. Drie verdagtes wat onder andere voldoen aan 'n beskrywing van die kleredrag is in die omgewing opgemerk en in hegtenis geneem. Die Van der Merwe egpaar het dan ook die drie verdagtes by die Klipgat polisiestasie positief uitgeken in 'n uitkenningsparade.

Die drie moes op 27 Januarie in die Brits landdroshof verskyn, maar die saak is van die rol geskrap weens beweerde gebrekkige getuienis. Volgens SAP kon die drie verdagtes nie met vingerafdrukke met die voorval verbind word nie. Die ondersoek duur egter nog voort.

AfriForum is tans besig met ʼn ondersoek om te bepaal of daar enige onreëlmatighede in die skrap van die saak was, waarna hulle moontlik die saak verder kan voer. Die bejaardes is reeds erg getraumatiseer en sukkel om te slaap. Die loslating van die verdagtes vererger net die situasie.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer