Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-02-10 Views:  5134
Author:  JFK
Published in:  Technical/Tegnies
Is Jou DB Board 'n Brand Gevaar?

Min mense besef die belangrikheid van jou besigheid of huis se DB Board.

Wanneer 'n DB Board geinstalleer word, (as jy 'n goeie elektrisien gehad het) dan is al die konneksies ordentlik gedoen en behoorlik vas gemaak.

Ongelukkig, die manier hoe koper geleiers (draad) werk is dat dit met tyd 'ontspan' onder die druk van die konnekter en sodoende losser word; met ander woorde, die konneksie is nie meer so styf of veilig nie en dit kan ly tot 'n 'HOT' konneksie - die stroom deur die geleier begin 'arc' en bou hittte op. Dit kan en het al baie gebeur dat 'n plek afbrand as gevolg van 'n 'hot connection'.

Om jou besittings, blyplek en mense veilig te hou is dit nodig dat 'n kwalifiseerde elektrisien periodies deeglik na jou DB Board kyk. Dit behels die toets van hoeveelheid stroom (amps) wat deur elke kabel beweeg want as die stroom wat deur die kabel loop groter is as wat die kabel kan hanteer, dan sal die hele kabel warm word en met tyd begin deursmelt en dan het jy 'n probleem. 

Dieslfde geld vir 'n los konneksie op 'n muurprop of 'n lig skakelaar - jy behoort die elektrisiteit te hoor 'arc' as dit 'n onveilig installasie is! En sal heerlwaarskynlik sukkel om die muurprop in te plug of uit te trek as gevolg van die probleem.

Dis 'n uiters gevaarlike situasie en nodig 'n gekwalifiseerde elektrisien om dit reg te maak.

Gewone 220 volt wat 'arc' kan doodelik wees en vreesaanjaende brandwonde veroorsaak!

 'N verdere ding om voor op te let is 'appliances' se kabels, soos jou haardroeer, boormasjien, elektiese grassnyer ens ens.

En dan ook onveilige kabel laste - jy las nooit 'n kabel nie; jy vervang die hele kabel!

En dan wil ek ook vlugtig noem hoe gevaarlik dit is om 'extention' op 'extention' te gebruik! Net omdat daar ekstra plek is beteken nie dis noodwendig veilig om nog 'n toestel in te sit nie!

Meeste 'extentions' (multiplugs) wat te koop is, het NIE 'overload protection' nie; met ander woorde daar is NIE 'n trip knoppie op die extention. So as jy een moet koop, kry die een met die trip knoppie want as jy dan die 'circuit' oorlaai, sal die 'thermal trip' knoppie uitskop - dit beteken jy het te veel 'load' op die multiplug maar ten minste is jou besittings en mense veilig!


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer