Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-02-15 Views:  852
Author:  karelnel
Published in:  Politics/Polities
Perspektiewe Op Die Toekoms - Deel 1

 

Perspektiewe op die Toekoms – Deel 1

Nog altyd was daar ‘n bekoring in vir die mens om iets van die toekoms te weet.  Derhalwe was pofete en waarseêrs altyd vir sommige mense belangrik.  In ons dag is daar grootskaalse pogings van geleerdes om deur middel van allerhande tegnieke ‘n voorspelling te kan maak van die toekoms. Dit word genoem toekomsgerigte studies en bestaan uit dinge soos wiskundige modelle en scenario’s wat verskillende moontlikhede verskaf waarvolgens die toekoms sou kon verloop.  Feitlik elke Universiteit het sulke groepe en die verskillende groepe fokus op verskillende lewensterreine soos byvoorbeeld die ekonomie, die omgewing, demografie, militêre bedreigings ens.  Dit bly egter net gesofistikeerde spekulasies.  Daar is ook meer revolusionêre benaderings soos byvoorbeeld die situasie waar ‘n groep vir hulleself ‘n gewensde toekoms  10 of 15 of 20 jaar in die toekoms formuleer, en dan planne in werking stel om dit te bereik, en sodoende werk hulle aan die “skep” van hul eie toekoms.

Die mensdom is besig met ‘n ontwikkelingsproses.  Dit verloop egter nie gelykmatig nie, maar verloop in fases of golwe, en soms word die ontwikkeling weer  vêr teruggesit deur konflik.

 Daar word gesê dat die ontwikkeling verloop het / plaasvind aan die hand van verskillende ekonomieë:

•             Die jag- en versamel ekonomie

•             Die landbou-ekonomie

•             Die industriële-ekonomie

•             Die informasie ekonmie

•             Die bio-ekonomie

Ons lewe nou in die oorgang tussen die industriële ekonomie en die informasie-ekonomie , en met die ontdekkings wat in terme van die bio-wetenskappe gemaak word begin ons sulke klein beelde kry van die bio-ekonomie wat nader skuif.  Vorige ekonomieë gaan nie heeltemal tot niet nie maar bly voortbestaan op ‘n baie lae vlak ten opsigte van die opeenvolgende ekonomie, maar word heeltemal daardeur oorskadu.

  Elkeen van die ekonomieë gaan deur 4 stadia:

•             Die wetenskaplike & tegnologiese stadium waar die veld ontdek en uitgepluis word

•             Die infrastruktuur stadium waar strukture geskep word om die tegnologie te benut

•             Die besigheids transformasie stadium wanneer die tegnologie  optimaal besigheid oplewer

•             Die kommoditeitstadium wanneer die ekonomie effektief funksioneer en nie verder verbeter kan word nie.

Ons bevind onsself op die laaste kwart van die industriële ekonomie (vernaamlik in die ontwikkelende lande van die wêreld) met die informasie ekonomie wat nou behoorlik op dreef begin kom.  Dit gaan besliste klemverskuiwings te weeg bring.  Waar die besit van rou materiale vantevore ‘n sterk punt was, word die beheer van informasie en inligting nou belangrik.  Eienaarskap van grond en eiendom was in die vorige bedeling belangrik – nou word kennis belangrik.  Aanvanklik was goedkoop arbeid ‘n belangrike faktor – dit word nou belangrik om vaardighede en idees te hê.  Dit sal ook tot veranderinge op die sosio-politieke gebied  lei.  Die rol wat regerings gespeel het sal kleiner word en die individu en entrepeneur sal meer mag in sy eie hande hê. Waar in die verlede die staat rigting gegee het met formele besluite, sal die individu al hoe meer vind dat hy homself moet bestuur.  Uitvoering deur staatsdepartemente sal stelselmatig vervang word deur die uitvoering deur gedesentraliseerde strukture en belangegroepe.  Dus sal die klem verskuiwe van afhanklikheid van die staat tot selfstandigheid en selffinansiering.

Op die wêreldvlak is daar 3 tendense te bespeur naamlik globalisering en liberalisering, die onvermoë van sekere politieke leiers om politieke onderdrukking te beëindig en die opkoms van multinasionale groepe wat wêreldwye beheer sal uitoefen.  Dit sal die vloeibare toestande in die wêreld laat voortduur, veral gesien in die lig daarvan dat tendense soos globalisering deur sommige groepe teengestaan sal word.  Die wêreld sal toenemend polariseer met groepe van state wat suksesvol globaliseer en groepe wat hoe meer agteruitgaan en gemarginaliseer word.

Die magsbalans in die wêreld kan op verskeie wyses ontwikkel.  Een moontlikheid is dat wêreldstate ‘n belangrike rol sal bly speel.  ‘n Ander is dat multinasionale organisasies, oorgrens heen, onbeperk deur soewereiniteits-oorwegings, en minder gestruktureerd, ‘n belangriker rol kan speel.  Tendense dui daarop dat daar sterk magspole in die wêreld sal bestaan in die VSA, die Europese Unie en Suidoos Asië.  Die oorheersende magtige posisie van die is soms problematies aangesien hulle maklik optree in eie belang sonder inagneming van die effek op die res van die wêreld, wat tot irritasie by ander state lei, veral ten opsigte van Frankryk, die Russiese Federasie en die Republiek van China.  Aan die ander kant is die Westfaliese model van die staat besig om te misluk in ander dele van die wêreld.  In Asië lê die ontwikkelingspotensiaal by Japan en die Republiek van China, terwyl Rusland bepaalde probleme het wat toekomstige ontwikkeling strem, soos byvoorbeeld kriminaliteit en korrupsie, onvermoë van politieke stelsels om leiding te gee ens.  Die ontwikkelde wêreld sal waarskynlik suksesvol kan integreer in die wêreldwye ekonomie terwyl in die ontwikkelende state daar ‘n gemengde situasie sal wees en heelwat van die state waarskynlik sal misluk.

Bronne van nuwe konflik in die wêreld kan spruit uit faktore soos: Globale bevolkings verskuiwings, nuwe markte, kommersialisering en uitbuiting van inligtingstegnologie, toenemende beskikbaarheid van kommunikasie middele, finansiële beheer deur die nuwe informasie tegnologie netwerke, ens.

Globalisering sal van die volgende gevolge hê:  Die VSA sal die wêreld domineer terwyl baie state verswak en sommige selfs faal.  Wêreldwye organisasies sal meer en meer beherende rolle speel.  Groot finansiële onstabiliteit word voorsien en die soeweriniteit van die state sal al hoe meer onder druk kom, terwyl wêreldwye- en streeksorganisasies meer gesag sal oorneem.  Terselfdertyd kan ‘n etno-kulturele verwerping van globalisering in party state ook verwag word.  Dit sal ‘n uitdaging wees vir die wêreld om die ontsaglike ekonomiese sosiale- en tegniese ongelykhede in die wêreld te bestuur, asook die verwydering wat as gevolg daarvan kan ontstaan tussen die ekonomiese magsblokke.

Konflik ontstaan wanneer daar ‘n botsing in belange tussen verskillende partye is en dit spruit voort uit motiewe, waardes en behoeftes.  Baie keer is ‘n kompromie nie moontlik nie en kan eenvoudige metodes nie aangewend word om dit te besleg nie.  Etniese diversiteit is nie opsigself ‘n bron van konflik nie maar wel wanneer dit uitgebuit word deur aktiviste of politieke entrepreneurs, wat veral politieke herinnerings en mites misbruik om hul doelstellings te bereik.  Politieke stelsels verskaf geleentheid of kundigheid waardeur mense se behoeftes en belange uitdrukking vind, maar dit moet stewig genoeg wees om dreigende konflik te kan verwerk en om teenstellende behoeftes en belange van betrokkenes bymekaar te vat en te versoen.  Politieke strukture behoort ook te funksioneer volgense ooreengekome norme, want as dit nie die geval is nie kan die strukture ‘n geloofwaardigheidskrisis beleef.  Sulke strukture moet voorsiening maak vir die beslegting van dispute op grond van ooreengekome norme of wette.  Dit is wanneer hierdie tipe politieke stelsels faal dat konflik uitbreek.

Groot en belangrike strukture wat die nuwe wêreld moet help vorm is tans onder spanning.  Die Verenigde nasies sit met ‘n akute geld tekort, hulle presteer nie goed nie – veral ten opsigte van vredesoperasies - en in sekere kringe word hulle al hoe meer as irrelevant beskou.  Die Internasionale Monetêre fonds is ook in sekere omstandighede oneffektief soos wat die geval was met die krisis in Suidoos Asië.  Die Wêreldbank ondergaan die vierde herorganisasie en die hervormings wat hulle in Afrika afdwing maak hulle baie ongewild.  Die Internasionale handelsorganisasie sit met interne konflikte en gebrek aan implementering van beleid.

‘n Belangrike aspek in die liberalisering van ‘n ekonomie is die begrippe van kommersialisering en privatisering.  Privatisering is ‘n begrip wat in die Verenidgde Koningkryk ontstaan het in die 70‘s en 80’s en oor die hele wêreld versprei het.  Die afgelope dekades het regeringstrukture vermenigvuldig en privatisering word gebruik om regeringstelsels vaartbelyn te maak.  Teen 2000 het Suid Afrika 27 departement op nasionale vlak en meer as 600 op provinsiale vlak met meer as 2000 semi-staatsorganisies daarby.  Al hierdie strukture word bedryf met belasting geld.  Dit is belangrik om te bepaal watter strukture moet geprivatiseer word aangesien daar baie politieke implikasies kan wees. Privatisering moet beide die ekonomie baat en die regering meer vaartbelyn maak.  Baie semi-staatskorporasies is besig met die proses en dit kan baie vorme aanneem soos byvoorbeeld:  die gebruik van kontrakteurs, agentskappe, subsidies, vrywillige organisasies, openbare- private vennootskappe.  Privatisering is die laaste stap in die proses  van kommersialisering.

Een van die metodes om te poog om ‘n houvas op die toekoms te kry is scenario beplanning, maar dit is kompleks as gevolg van die kompleksiteit van die wêreld, en die drastiese toename in die snelheid van veranderinge.  Kompleksiteit word gedrywe deur die massas inligting wat beskikbaar raak en die beperkte vermoë wat ons het om dit sinvol te verwerk.  Die veranderinge wat ons beleef is nie gelykmatig nie maar kan eerder as ‘n diskontinuiteiet of sprong beskou word – soortgelyk aan die verandering tussen die landboukundige- en industriële era’s.  Daarom is dit ongeldig om die geskiedenis te gebruik en  gelykmatig te projekteer as  moontlike toekoms-scenario’s.  Tog het ons net geskiedkundige data om mee te werk.  Selfs wetenskapfiksie oor die toekoms is net kreatiewe verwerking van geskiedkundige data.

In scenariobou word die vraag gevra watter faktore  die toekoms drywe en watter relevant en watter daarvan belangrik is.  Sleutelfaktore en sleutelonsekerhede word dan in kombinasies verweef in ‘n aantal stories oor die toekoms.  Scenario’s pas in mekaar.  Daar is globale scenario’s waarbinne kontinentale scenario’s pas en daarbinne streekscenario’s.  Dit is verstaanbaar dat makrofaktore groter invloede uitoefen as interne faktore, en daarom word die impak van die verskillende faktore geweeg.

Makrofaktore wat die toekoms drywe is die volgende:  Eerstens globalisering wat veroorsaak word deur geweldige toenames in finansiële en inligtings vloeie en standarisering op meer effektiewe werkspraktye wêreldwyd. ‘n Verdere faktor is liberalisering in die ekonomie en die politiek, waar die markte ‘n groter sê in alles kry.  Dit word deur tegnologie-ontwikkeling aangejaag. ‘n Ander faktor is regionalisering wat beteken daar is druk op state om binne hul streeksverband hegter te integreer.  Dit kan tot gevolg hê dat swak state misluk.  Ander faktore is die volgende:  Die dominansie van die wêreld deur die VSA;  Krisisse in die bestaan van multinasionale organises wat nie aan hul doel voldoen nie (VN, Wêreldbank, IMF en Wêreld arbeidsorganisasie). Die rol van ideologie as ‘n drywer in die wêreld is besig om te vervaag.. Ander akteurs as state speel toenmende belangrike rolle soos byvoorbeeld magtige internasionale maatskappye.  Sowat 46 State in die wêreld is so klein dat hulle nie eers ingesluit sou kan word in die Fortune 500 lys, die lys van die 500 grootste maatskapye in die VSA, nie.  Suid Afrika self sou maar derde of vierde op die lys lê.  Al hierdie klein state het verteenwoordiging in, en is onderworpe en die reëls van die Verenigde Nasies, maar die reusagtige maatskappye het op die selfde forums geen sê nie en is ook nie aan die reëls onderworpe nie.  Kleiner state en groepe is magteloos teen hierdie ontsaglike strome, maar daar is tog ‘n entno-kulturele teenreaksie te wagte (Soos byvoorbeeld in terme van Islamitiese fundametalisme gesien kan word).

Die Pentagon identifiseer vyf moontlike veiligheidscenario’s vir die wêreld se voortbestaan en vir elk hiervan bepaal hulle die implikasies vir hul eie magsontwerp.

•             Die State-Magsbalans-stelsel.  Hierdie Scenario postuleer dat soewereine nasie-state die belangrikste rolspelers in die wêreld sal bly en staat-tot-staat konflikte sal die belangrikste gebruikers van militêre geweld wees.  Daar sal veranderende koalisies wees om magtige state te probeer uitbalanseer.

•             ‘n Drievlak veiligheidstelsel.  Die wêreldwye sekuriteitstelsel verdeel in drie vlakke.  Eerstens gevorderde, geïntegreerde, stabiele eerstevlaklande met informasiegebasseerde ekonomië.  Tweedens ‘n vlak met verskeie outonome state met wisselende stabiliteit en industriële ekonomieë.  Laastens ‘n onstabiele en geweldadige derde vlak van swak en mislukte state wat sal leef van eksploitering van hul minerale hulpbronne en informele ekonomië.  Eerste vlak state sal  nie oorlog maak met mekaar in die tradisionele sin van die woord nie.  In die tweede vlak sal staat-tot-staat oorlog voorkom, en in die derde vlak sal anargie heers , maar die groepe sal nie lang uitgerekte konflikte nie kan bekostig nie.

•             ‘n Ideologie-gebasseerde stelsel.  Die wêreld herverdeel langs ideologiese lyne en so-ook die internasionale sekuriteit-stelsel.  Konflik kom hoofsaaklik voor op die foutlyne tussen ideologiese blokke en die gebruik van geweld word nie maklik beperk nie.

•             Interne mislukking model:  Meeste lande ervaar interne geweld en nie oorlogstoestande nie.  Baie swak state fragmenteer of verval in anargie en selfs sterk state ondervind interne weerstand en gebruik onderdrukkende metodes.

•             Ekonomiese oorlog model:  Die hoofoorsaak van konflik word gesien as interne en soms geweldadige kompetisie vir bronne en markte.  Multionasionale belange sal hul eie sekureitsbelange en militêre strukture ontwikkel, onafhanklik van state.  Private sekurteits- en inligtingsorganisasies sal ‘n toenemend groter rol in die stelsel speel. Wanneer daar konflik is sal daar druk wees om kollaterale  skade en verliese tot ‘n minimum te beperk

Word vervolg...

---000---

KPJ Nel

2015-02-15


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer