Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-02-28 Views:  600
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
BNRN 5 Jaar Braai - Op Pad Na Die 10 Jaar Braai

Soos Renier - Voorsitter van die Bravo November Gemeenskapsradio Netwerk sê: Ons gaan nog ons 10 jaar braai hou! Wel - ons is nou halfpad daarheen met die 5 jarige vieringe. Hierdie geleentheid word beplan vir Saterdag 18 April 2015 vanaf 14:00. Belangstellendes moet asb vir Bernadette Robberts laat weet teen 31 Maart.

Stilweg en sonder wye publisiteit het BNRN gegroei tot 350 families. Met 5 jaar van dienslewering aan die Hartbeespoort Gemeenskap is BNRN stewig gevestig as 'n onontbeerlike deel van Harties se sekuriteitsmondering. Buiten vir een week waar die netwerk af was, verloop dinge seep glad met 'n register nou elke aand om 19:30 vir 5 jaar lank al. Ons sien 140 stasies wat elke week ten minste een keer inkom om te registreer met daaglikse deelname van tussen 80 en 100 gesinne. Waar het Harties al ooit so 'n grootse gemeenskap saamstaan projek gesien?

BNRN het al bygedra tot vele suksesverhale waar skelms verjaag was, skelms gearresteer was, herstel werk aan water en krag dienste ondersteun is en mediese bystand gereël is. Verder bly die radio gemeenskap ingelig en word gemoedsrus geskep. Terselfdertyd is daar erkenning dat daar nog 'n lang pad geloop moet word onder die heersende sekuriteitsomstandighede en dat ons elke jaar moet verbeter. So ondersteun BNRN dan samewerking met alle rolspelers wat met saamstaan 'n verskil wil maak in ons gemeenskap.

Hierdie klub struktuur se finansies is oop vir al die lede en nie een van die organiseerders of radio beheerders word 'n sent vergoed vir hulle onbaatsugtige gemeenskapsdiens nie. Inteendeel - waardevolle gesinstyd en werkstyd word opgeoffer om Harties 'n veiliger plek te maak.

Die lede samestelling verteenwoordig die volle spektrum van 'n Suid-Afrikaanse samelewing en 'n sterk moreel-etiese kode sorg dat dinge baie skaflik gaan op die lug.  

Sien onder die uitnodiging:

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer