Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-03-13 Views:  600
Author:  Fanie
Published in:  Hartbeespoort/Harties
DA Persverklaring - 13 Maart 2015: Harties Water En Krag

PERSVERKLARING
13 Maart 2015
DEMOKRATIESE ALLIANSIE NOORDWES
Hartbeespoort-inwoners kan ‘n droë naweek verwag na Randwater die watertoevoer na Hartbeespoort verminder het weens die Madibeng munisipaliteit se versuim om hul agterstallinge rekening te betaal. Na verneem word, skuld die munisipaliteit Randwater sowat R3 miljoen.
Inwoners gaan reeds die hele week gebuk onder swak waterdruk wat bitter min, en selfs geen, water in huishoudings beteken. Randwater het ‘n week gelede ‘n kennisgewing op die munisipaliteit beteken, maar dit is geïgnoreer.
‘n Deel van Hartbeespoort wat deur die munisipaliteit van water voorsien word, was ook sonder water dié week weens ‘instandhouding’. Dit is uiters swak beplanning met die huidige krisis op hande.
Groot dele van die dorp is tans sonder water, terwyl watertrokke van Madibeng steeds duisende liters water vanuit brandkrane na landelike dele aanry.
Boonop is pas verneem dat die City of Tshwane ook ‘n kennisgewing op die munisipaliteit beteken het en dat Hartbeespoort se krag vir die tweede keer dié jaar gesny gaan word weens agterstallige skuld. By navraag moes die DA verneem dat die hoof finansiële beampte siek is en volgens die munisipale bestuurder sal daar ondersoek ingestel word.
Die Hartbeespoort-gemeenskap dreig nou om watertrokke te verhoed om die gebied binne te kom.
Die Burgemeester kan dit nie weer voor die deur van wanbetaling van inwoners lê nie! Madibeng se finansies is benard en die Demokratiese Alliansie doen ‘n dringende beroep op die Minister Pravin Gordon om in te gryp.
Navrae
ERNA ROSSOUW
WYKS RAADSLID
ONDER VOORSITTER NOORDWES
0722934448


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer