Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-03-17 Views:  648
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Parate Bure In Ifafi

Maandae is gewoonlik baie stil op sekuriteitsfront.

Dis seker ook hoekom almal vinnig by was toe 'n nood roep van Lilliby weg  in Ifafi kom 10 uur gisteraand.  Pieter - inwoner van die huis - het voortgegaan met sy normale gang salig onbewus daarvan dat verskeie buurtwagte en sekuriteitsfirmas toesak op sy huis. 

Pieter se parate buurman het gedink Pieter is nie tuis nie en geluide gehoor. Gelukkig is Pieter 'n radio lid en kom hy benoud deur op die radio om te vra wat aan die gang is - daar is mense wat by sy skuifdeur probeer inkom en die straat is vol karre.

Nadat die misverstand bespreek is, is Pieter baie verlig en dankbaar vir die parate bure en vinnige Maandag aand reaksie.

 

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer