Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2014-12-13 Views:  817
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Oor Klippe, Huurders En Tarentale

Ja-nee. Dit was voorwaar 'n woeste week vir een kompleks in Melodie.

Eers is die hele Buurtwag in die middel van die nag op hol om verdagtes op iemand se dak te gaan vang. Die verdagtes blyk toe meer die geveerde soort te wees - tarentale wat haastig die hase pad gekies het toe die buurtwag op hulle toesak.

By dieselfde kompleks word die hele wêreld opgeroep toe iemand kwansuis vasgebind sou wees in haar huis. Nadat die polieste met groot gewere oor die heining gespring het en buurtwaglede tot vanuit Brits gejaag het vir bystand - word dit toe duidelik. Dit was niks anders as 'n geskil tussen huurder en verhuurder nie - dis net die hek wat vasgebind was, terwyl die pypsteel versper is met 'n voertuig. Die huurder se voertuig was wel vasgevang tussen die hek en die ander voertuig, maar veilig en ongeskonde.

Met die derde geval by dieselfde kompleks het die "groen blare" virseker 'n rol gespeel toe 'n ou mense loop en skel, terwyl hy karre en huise met klippe gooi en aan die elektriese heining peuter. Brawe inwoners wat ook buurtwag lede is het hom gevolg en Fidelity het gehelp om hom tot bedwang te bring, van sy mes te verlos en in bewaring te hou vir die polieste.

Harties is virseker nie 'n vervelige plek nie - altyd interessante dinge aan die gang.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer