Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-04-08 Views:  862
Author:  Fanie
Published in:  Critical/Kritiek
Inwoners Van Ifafi Gaan n Derde Dag In Sonder Water

Die inwoners van 'n gedeelte van Ifafi is al vanaf gister oggend af sonder water. Die gedeelte wat geraak word is Sven, Madelein, Charles en Lilliby strate.

Die arme mense van hierdie area word nou genoop om by vriende en familie te gaan was. Ons het self mense gehad van Charles straat wat vanaand by ons kom stort het.

Ongelukkig is die fout waarskynlik nie weens 'n pyp bars nie, maar eerder 'n pyp blokkasie. Die Stadsraad word gedwing om die fout stelselmatig te soek. Die aanvanklike fout posisie waar hulle vermoed het die blokkasie is - by die veearts sirkel - het geblyk nie die regte plek te wees nie. Die soektog word more in daglig voortgesit, siende dat die bestaande pyp posisie naby 'n hoogspanning kabel is.

Sterkte aan die inwoners wat nou 'n derde dag sonder water gaan sit!

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer