Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-04-09 Views:  1048
Author:  Fanie
Published in:  Hartbeespoort
Magalies Water Set To Take Over From Madibeng

9 April 2015

Die volgende boodskap was gepos op Facebook gisteraand:

"Vanaf MP Leon Basson -Ek bevestig dat die Minister vanmiddag die oordrag van Madibeng na Magalieswater geteken het. Ek het telefonies met die Direkteur Generaal Margaret-Ann Diedricks
gepraat en Magalies is van môre oggend in beheer van water en sanitasie in Madibeng. Jammer vir die ongerief sonder water. Gaan egter tyd vat om water situasie in Madibeng te normaliseer. Magalieswater rapporteer direk aan die Portefulje Komitee vir Water en Sanitasie in die Parlement. Ons sal die vordering monitor
."

Hierdie berig bevestig 'n soortgelyke boodskap wat ons gisteraand van die DA ontvang het.

Ons wag op amptelike bevestiging van Stadsraad kant dat Magalies Water nou verantwoordelikheid oorneem.

Vrae wat nou ontsaan is:

Gaan ons nou ons water en riool bydraes direk aan Magalies Water betaal of steeds aan Madibeng? As ons dit aan Madibeng betaal - hoe weet ons hulle gaan Magalies Water betaal? Indien ons dit aan Magalies Water betaal - gaan ons nou aparte rekeninge kry? Gaan die tariewe verander?

Dit lyk na 'n positiewe stap, maar die gemeenskap sal volledig ingelig moet word oor die implikasie.

 

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer