Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-04-10 Views:  1766
Author:  Fanie
Published in:  LoadShedding/Beurtkrag
GROOT Kragonderbrekings Kom In Junie

10 April 2015:

Mens kan verwag dat ons normale lewensgang nie lank normaal of semi-normaal kan bly met die abnormale finansiële penarie waarin ons Stadsraad hom bevind nie. Erens gaan die inwoners van Harties dit drasties begin voel. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die volgende:

Eskom het vandag aangekondig dat dit die top 20 wanbetalende munisipaliteite se krag gaan begin beperk vanaf 5 Junie 2015 op 'n beurt-krag model. Eskom oorweeg om hierdie munisipaliteite se krag as volg te sny:

Weeksdae vanaf 6:00 - 10:00 en weer vanaf 17:00 - 21:00

Saterdae en Sondae vanaf 7:00 - 10:00 en weer vanaf 17:00 - 20:00

Lyk een van die munisipaliteite op de volgende lys bekend? Hierdie is die swak betalendste munisipaliteite wat saam R 3.68 biljoen aan Eskom verskuldig is: 

- Maluti-a-Phofung Municipality
- Matjhabeng Municipality
- Emalahleni Local Municipality
- Ngwathe Local Municipality
- Thaba Chweu Local Municipality
- Lekwa Local Municipality
- Govan Mbeki Municipality
- City of Matlosana Local Municipality
- Naledi Local Municipality
- Thabazimbi Local Municipality
- Msukaligwa Local Municipality
- Lichtenburg Municipality
- Nala Local Municipality
- Makana Local Municipality
- Madibeng Local Municipality
- Randfontein Local Municipality
- Dihlabeng Municipality
- Nketoana Local Municipality
- Nama Khoi Local Municipality
- Westonaria Local Municipality

Nou vir die goeie en slegte nuus.

Eers die goeie nuus:

Hartbeespoort se krag word primêr by Tshwane aangekoop deur Madibêng (Meerhof, Ifafi, Rietfontein en Schoemansville), terwyl ander gedeeltes direk deur Tshwane of Eskom verskaf word (Pecanwood, Leloko, Scheerpoort, Xanadu, Kosmos).  

Op die oog af kry die Hartbeespoort - Madibeng kragnetwerk nie hulle krag direk by Eskom nie en Tshwane word nie by bogenoemde lys ingesluit nie. Eskom sal dus hulle direkte toevoere na Madibeng kan afskakel in Brits, maar Tshwane is vir Hartbeespoort 'n buffer.

Nou die slegte nuus:

Madibeng skuld ook vir Tshwane baie geld. Tshwane gaan nie lank meer die buffer tussen Eskom en Madibêng kan wees nie. 

Daar is sprake dat Tshwane die netwerke wat voorsien word vanaf Hartbeespoort 88/33kV substasie (agter Xanadu) aan Madibêng wil oorgee vanaf Julie 2015. Dan gaan Madibêng direk deur Eskom gevoer word en gaan Harties ook 8 ure 'n dag sonder krag sit as Eskom hulle plan uitvoer. Indien die netwerke nie oorgedra word nie, kan mens verwag dat Tshwane ook drastiese stappe sal moet neem, byvoorbeeld om 'n soortgelyke reëling as Eskom te tref en krag periodies af te skakel. Tshwane het al 2 keer Harties se krag afgesny, waarna dit dieselfde dag weer aangeskakel is weens politieke druk.

Een van die oplossings waarvoor die Harties inwoners hulle kan beywer om bogenoemde katastrofe te vermy is dat Tshwane die kragnetwerk in Harties oorneem. Maar dan sal ons nou hard moet begin praat met die owerhede.  

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer