Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-04-14 Views:  709
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Sluipers Knip Kompleks Drade

Na 'n taamlik rustige en relatief lae insident tydperk aan die begin van die jaar het die Kompleks Wag (HWE) patrollie laas Vrydag aand afgekom op kompleks drade wat geknip is.

Hierdie is op 'n kompleks waar daar 'n program is om die perimeter te belig. Die draad is egter geknip agter nuwe aanbouings op 'n gedeelte van die muur wat nog nie belig is nie.

Die sekuriteits firma het dadelik die draad kom herstel. Na alle waarskynlikheid het die skelms die reaksie getoets en is daar moontlik 'n inbraak voorkom deur die gemeenskap patrollie.

Dit wys dat die gemeenskap sekuriteit inisiatiewe nooit slap kan laat lê nie - al gaan dit ook goed. Die skelms is goed op hoogte met die paraatheidsvlak van ons gemeenskap en ons moet hulle bly afskrik met ons sigbare paraatheid.

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer