Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-04-20 Views:  694
Author:  Sonja
Published in:  HartiesWatch
Bravo November Radio Netwerk Hou 5 Jaar Makietie

Saterdag 18 April 2015 is die Bravo November Radio Netwerk se vyfde verjaarsdag gevier met 'n Lam Spitbraai by die Schoemansville Owerklub. Wat 'n fees was dit nie! Tannie Gerty se kos was heerlik!

Renier het 3 sertifikate oorhandig aan persone om hul buitengewone buurmanskap en diens te erken.

Rohann Smit is vereer as die jongste Bravo November hanteerder, terwyl hy homself uitstekend van sy taak gekwyt het. Hy bly koel en kalm in noodsituasies. So 'n inspirasie.

Hennie van der Merwe, wat ongelukkig moes werk, is vereer vir al sy vinnige en volgehoue diens in situasies waar ons sy unieke kennis broodnodig het. Dankie ou staatmaker!

Clive Fisher, met die ondersteuning van sy span by PWV, is vereer vir al die ondersteuning en bystand wat hy gee, in baie gevaarlike situasies. Die wêreld kan doen met 'n hele klomp mense soos hierdie. Dankie vir al jou entoesiasme en omgee!

'n Woord van bedanking aan die ere gaste wat bygewoon het. RB du Preez. en Pieter Rautenbach van Afriforum, en Romano v d Spuy van die GPF.

Dan laaste maar nie die minste nie, aan Bernadette Roberts vir al die harde werk en organisering van hierdie geleentheid. Dankie dat daar altyd op jou knoppie gedruk kan word. Jy is 'n ster!

Sien nog foto's:

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer