Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-05-28 Views:  549
Author:  Fanie
Published in:  HartTalk/HartPraat
FIFA Debakel - Lesse Te Leer

Die Nuus van die week is die FIFA korrupsie debakel, waar SA amptenare FIFA amptenare omgekoop het om die 2010 sokker wêreldbeker hier aan te bied.

Dit kom nou uit dat daar 'n 350 bladsy verslag deur Michael Garcia geskryf is na 'n 19-maande ondersoek oor die toekenning van die Rusland beker (2018) en die Qatar beker (2022). FIFA het die verslag opgesom in 42 bladsye en gepubliseer, waar hulle silwerskoon voorkom. Garcia het sterk kapsie gemaak oor die akkuraatheid van hulle opsomming.

Dit herinner mens aan die werkswyses van ons liewe regering op nasionale vlak, asook op plaaslike regering instansie vlak.

Van die kommentare rakende FIFA se hantering van die Garcia verslag is:

"...(Fifa) cleared itself of any wrongdoing....", en

"...the group carried out its own internal investigation and cleared itself."

Dit laat mens nou dink.

Die volgende lesse kan geleer word:

 

KORRUPSIE IS NIE NET HIER NIE - DIS 'N GLOBALE PROBLEEM

Ja - ons het nie korrupsie ontwerp nie, ons het net ons eie plaaslike kultivar ontwikkel

 

MOENIE MET DIE VSA MORS NIE

As jy korrupsie wil pleeg - doen dit in 'n land met minder doelgerigte geregsdienaars

 

ENIGE INSTANSIE WAT SELF-ONDERSOEK DOEN GAAN DIE SKOON VOETJIE VOORSIT VIR DIE PUBLIEK

Enigeen van ons wat raakpunte het met regeringsinstansies in ons dorp moet hierdie grond beginsel goed verstaan.

Ons komitees wat skakel met regeringsinstansies en wat bestaan uit gemeenskap lede moet - soms doelbewus - onafhanklik bly. Hulle moet waak daarteen om ingesluk te word in die self-belang van die spesifieke regering instansies as hulle werklik die publieke belang op die hart dra. 

 

DAAR IS NIE WEGKOM NIE

Weens ons grootliks vrye media stelsel, gaan enige instansie of individu wat in publieke belang optree - hoe magtig ookal vir die interim - een of ander tyd verantwoording moet doen en sal nie altyd die vlekkelose front kan voorhou nie.

Dit sal interessant wees om te sien wat nou alles uit die FIFA wasgoedmandjie te voorskyn gaan kom. Oor die algemeen is die publiek positief daaroor dat 'n instansie - waaroor baie bedenkinge gehad het - nou geleentheid kry om skoongemaak te word.

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer