Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-05-30 Views:  720
Author:  Fanie
Published in:  Community/Gemeenskap
Gaan Eskom Deurvoer Op Sy Dreigement?

Sien die oorspronklike artikel waar berig is van Eksom se dreigement om 20 swak betalende Stadsrade 8 uur per dag sonder krag te laat gedurende spitstye:

http://harties.net/articles/245/groot-kragonderbrekings-kom-in-junie.php

Sien ook 'n News24 artikel in hierdie verband:

http://www.fin24.com/Economy/Eskom/Municipalities-hear-Eskoms-threat-and-pay-up-20150529

Ons weet 2 dinge defnitief:

- Madibeng is een van die sondebokke

- Brits word grootliks geaffekteer, want Hartbeespoort kry sy krag van Tshwane of Eskom direk  

Dit klink asof die meeste Stadsrade 'n ooreenkoms met Eskom bereik het,buiten 3.

Ons het verneem Madibeng het wel 'n ooreenkoms bereik. Hulle is hopelik dus nie een van die 3 nie.

Dit laat ons gemeenskap egter steeds blootgestel, want:

- As Madibeng enige maand sy ooreenkoms verbreek kan Eskom net voortgaan en afsit

- Tshwane Stadsraad het al in die verlede fisies Hartbeespoory se krag gesny en met groot moeite, en privaat finansiële ondersteuning, is die kragtoevoer herstel. Hierdie risiko is net so groot - indien nie groter - as 'n direkte Eskom aansluiting.

Uit dokumentasie wat ons onder oë gekry het, is dit duidelik dat Eskom op hoogte is van al die wetlike aspekte en fokus om daaraan te voldoen. Dit sal dus moeilik wees om 'n afsluit aksie in die hof te beveg.

Die fokus van ons versoek kan dan eerder wees dat Eskom of 'n sterker Stadsraad die krag netwerke oorneem, dog Madibeng het die krag inkomste nodig en polities gaan dit moeilik wees.

Tshwane het onlangs die kragnetwerke van Nokeng (Cullinan en Rayton area) oorgeneem - so dis nie onmoontlik nie. Bygesê - dis die eerste keer in al die jare dat ons verneem dat selfs Tshwane se elektriese begroting aan die begin van die 2014 / 2015 jaar opgeraak het en dat hulle moet wag vir die nuwe begrotingsjaar vanaf 1 Julie 2015 om hulle elektriese projekte in volle swang voort te sit.

Ons hoor ook voëltjies vluit dat Tshwane eerder hulle netwerke in die landelike gebiede om Hartbeespoort wat hulle 10 jaar terug by Peri-Urban geërf het eerder wil oorgee aan Madibeng. Iets wat die Madibeng Burgemeesters deur die jare sterk agterna was. Hulle sien duidelik meer kliënte wat inkomste kan inbring, dog ek weet nie of hulle rekening hou met die nodige teen prestasie van diens en uitgawes om die landelike netwerke in stand te hou nie.

Verder weet ons die Tshwane begroting vir 'n nuwe Ifafi 88kV substasie goedgekeur was en hulle opmeting departement reeds begin soek het vir grond in die omgewing van die huidige 33kV substasie. Ons soek so 'n nutsmaatskappy wat sterk genoeg is om nie net bestaande netwerke in stand te hou nie, maar ook om voldoende op te gradeer en uit te brei soos wat die dorp groei. Huidiglik lyk dit of die krag kapasiteit vir nuwe ontwikkelinge in Hartbeespoort beperk is.

Die gemeenskap het dus 'n keuse tussen vrot en minder swak - dalk bietjie optimisties om prima diens te verwag op hierdie stadium van die wedstryd. 

 

 

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer