Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-06-14 Views:  943
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Inbreker Gooi Seun Met Wyn Bottel

14 Junie 2015

Vroeg vanoggend, 10 voor vyf het daar inbrekers toegang tot 'n huis in Waterfront straat gekry deur die eetkamer venster. In die proses het hulle een van die twee seuns wat in die sitkamer geslaap het, wakker gemaak. In die vlug het die skurke die seun met 'n wyn bottel gegooi, maar gelukkig is hy nie ernstig beseer nie.

Buurtwag lede en PWV was vinnig op die toneel en kon bevestig van die spore dat daar 'n voertuig betrokke was. Hulle het ook die gesin bygestaan in hulle skok. 

Mense word gevra om asseblief bedag te wees op die tydperk wat ons nou ingaan. Na 'n paar relatiewe stil maande aan die begin van die jaar, begin ons 'n merkabare toename in die aantal insidente sien. Hierdie kan deels toegeskryf word aan 'n seisoenale patroon van verhoging van huisbraak insidente nader aan die einde van die jaar. 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer