Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2014-12-15 Views:  1144
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
14 Des 14 - 'n Besige Sondag Aand In Schoemansville

Schoemansville Buurtwag
14/15 Desember 2014

Die "sports" het sommer gisteraand vroeg in ons dorpie begin.

Net na 20:00 het daar n oproep vanaf CIAN gekom om oortreders by dr Bert Botha se perseel aan te meld. 5 SBW voertuie reageer. Daar word vasgestel dat die heining alarm van n IMNW lid aan die oorkant eintlik afgegaan het. Die omgewing is deurgekyk maar niemand is opgemerk. 

Direk hierna kom n oproep deur dat daar 2 persone met pangas in Hartbeeshof oord is. Reeds op die pad was SW se voertuie vinnig oo die toneel en in die omgewing. n Inwoner het buite se huis gaan kyk of die kersliggies almal brand toe hy hom in die 2 booswigte vasloop. Albei netjies aangetrek. Die een met n rooi pullover en "andy cap" keps het sy vinger voor sy mond gesit en beduie dat die inwoner moet stilbly. Die inwoner het vinnig huis toe gehardloop en vir sy vrou geskree om die deur toe te maak. Sy het die paniekknoppie gedruk wat die alarm laat afgaan het en die panga manne laat spaander het. Hulle het toegang verkry, op presies dieselfde plek as n vorige keer vroeer die jaar deur die palissade heining onder los te breek en weg te buig. n Persoon met dieselfde kleure klere is deur die patrollies by MBT opgemerk maar die inwoner kon hom nie sonder twyfel uitken nie en die man is laat gaan. SW het saam met ADT die area in die omgewing vd insident deurgegaan maar die oortreders was reeds weg.

Weer, direk hierna het n familie afskeid geneem van hul gaste by hul huis in Maraisstr, toe daar n SM in hul voordeur staan. Almal, veral die kinders het erg geskrik. Die SM het oor die straat na Uitbr 2 gevlug. SW het deur Uitbr 2 patrolleer maar die booswig het in die bosse verdwyn. 

Ek dank die Here dat deur die paraatheid vd inwoners, verskeie SW voetuie en bystand van EW, hierdie inbrake verhoed kon word. 

04:30 vanoggend was daar ongelukkig n inbraak by Strydom 11X. SAP was reeds op toneel toe SW daarop afkom.

Schoemansville was van vroegaand onder aanval. Dis tyd van familiekuiers en waar ons gemaklik om braaivleisvuurtjies sit ... bly asb paraat!


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer