Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-07-13 Views:  946
Author:  Fanie
Published in:  Harties Hero's
Huisbrand In Melodie Afgeweer

13 Julie 2015.

Ons kan met reg trots wees op ons buurmanskap in Harties. Laas Dinsdag 7 Julie het weereens gewys hoekom Harties 'n puik plek is om in te bly.

Vroeg die oggend het die vrou wat by 'n eenheid in Bougainvilla kompleks woon onraad vermoed toe die huis vol rook word. Die mede kompleks inwoners is gemobiliseer en hulp is oor die Bravo radio ontbied om 3:25. Mede-radio lede en buurtwaglede het vanaf 3:30 begin opdaag en help. 3:45 het Necsa noodweer personeel opgedaag en net voor 4 het die brand trok ook aangekom. 

Die oorsaak blyk afkomstig te wees van 'n elektriese konneksie by die swembadpomp wat 'n hoop brandbare materiaal teen 'n buite muur aan die brand gesteek het. Die vuur het onder die dak teëls begin inkom, maar weens die vinnige reaksie van Necsa met bystand deur die gemeenskap kon hulle die vuur stop voor die binnekant van die huis ontvlam het.

Wel gedaan aan Joe, Charles en John van Necsa! Ons besef nie aldag watter voorreg dit is om so 'n knap brand-reaksie span te hê wat blitsvinnig reageer en altyd bereid is om te help -  'n hanetreetjie weg by Necsa.  

 

 

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer