Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-07-16 Views:  823
Author:  karelnel
Published in:  The Dam/Die Dam
Damwal Omgewingsverfraaiingsprojek

Damwal Omgewingsverfraaiingsprojek

Op die oggend van 2015-07-17 het Afriforum en Mount Amanzi saamgespan om, saam met Waterwese ‘n bietjie skoonmaakwerk te doen by die area Wes van die damwal. ‘n Klompie werkers het al vroeg ingespring en rommel opgetel en baie van die blare wat los lê bymekaar te hark.

Petrus Venter van Waterwese het later by die groep aangesluit en verduidelik dat vir omgewingsbewaringsredes die organiese materiaal (ou blare) nie van die grond verwyder moet word nie, aangesien dit as ‘n grondbedekking dien wat help om die grond te bewaar. Dit was ‘n baie interessante lesing vir almal en die materiaal is daarna netjies rondom die bome gehark waar dit maksimaal die bome kan bevoordeel. Die weldoeners het toe verder ‘n klompie vuillisdromme op die terrein geplaas, en ons hoop dat toeriste wat die plek besoek hul afval eerder daarin sal stort as bloot op die grond.

Petrus het daarna ‘n klein groepie besoekers ingeneem in die terrein en aan hulle die rommel herwinningsprojek en die komposprojek gaan wys. Petrus haal baie rommel uit die dam uit en herwin daaruit verskillende materiale en organiese materiaal (soos hiasinte) word gebruik om kompos te maak. Hy het ook ‘n stewige erdwurmboerdery aan die gang. Wat veral beindruk is die gebruik van ou motorbande om te help om lanskappe te stabiliseer en te laat re-habiliteer. Ons bring hulde aan die ongelooflike goeie werk wat Petrus Venter en sy span doen vir ons dam.