Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-07-16 Views:  643
Author:  karelnel
Published in:  General/Algemeen
Duitsland : Posseëls En Posgeskiedenis

Duitsland : Posseëls en Posgeskiedenis

Die hoof posdiensverskaffers was soos volg:

  • 1871-1945: “Reichspost”

  • 1945-1949: “Deutsche Post” onder die Ge-allieerdes

  • 1945-1990: “Deutsche Post” van die Duitse Demokratiese Republiek

  • 1945-1990: “Deutsche Bundespost” –Wes Duitsland asook “Deutsche Bundespost” Berlyn wat saam bestaan.

  • Vanaf 1995: “Deutsche Post A.G.” – ‘n gelyste maatskappy.

Die eerste Duitse seël is die  Bavaria Scott No 1 van 1849 ( 9 jaar na Engeland). Die Metzger Post was die eerste internasionale posdiens van die middeleeue. Die gilde van die slagters het koerierdienste met perde ingestel. Met aankoms is ‘n horing geblaas en dit word mettertyd die embleem van die posdienste. Hulle is gestig in die 12de eeu en bly tot in 1637.

In 1497 stig Franz von Taxis die Thurn en Taxis monopolie vir koning Maximilian I van die Heilige Romeinse Ryk. Hulle egbruik ‘n aflos perdestelsel vir betroubaarheid In 1650 word vir die eerste keer perde-poskoetse gebruik – eerste in die dorpie ‘Kocks’en vandaar die term “coach” of “koets”

Voor die Duiste eenwording van 1871 het heelwat Duiste state hul eie seëls uitgegee: Bavaria 1 November 1849 (One Kreuzer black), Baden, Bergedorf, Braunsweig, Bremen, Hamburg, Hanover, Heiligsland, Lubeck, ens. Die Noordelike state sluit aan by die Noordelike Duitse Konfederasie in 1868 en voeg hulle posdienste saam in die Noord-Duitse Posdistrik.

Na die vereniging het ons Imperiale Duitsland (1871-1918) en die “Duitse Reichspost” begin op 4 Mein 1871. Op 1 Januarie word die eerste seël uitgegee. Die mees algemene seëls is die ‘Germania’-reeks  (1900-1922, die langste Duiste reeks). In die reeks is die beskrywing verander van ‘Reichspost’ na ‘Deutsches Reich’.

Die Duitse kolonies gebruik aanvanklik (1887-1888) die gewone Duitse seëls en later ‘n oordruk vir elke kolonie: Duits Suidwes Afrika, Duits Nieu Guinee, Kiautschou, Togo, Samoa, Marshall Eilande, Mariana Eilande, Karoliniese eilande, Duits Oos Afrika en Kameroen.

Met die eerste wereldoorlog hou die Reichspost aan funksioneer nadat Duitsland ‘n republiek geword het (Die Weimar republiek) Hulle beleef in 1923 ‘n tydperk van hiper inflasie en seëls so groot as 50 miljoen Mark is uitgereik. (Tydperk 1918-1933)

Die tydperk 1933-1945 is die era van Nazi Duitsland en die Reichspost hou aan funksioneer gedurende die tyd van die “Derde Ryk” (Grossdeutsches Reich). In die tyd word die Hitler reeks die algemene gebruikseël.Die eerste poskode stelsel (net twee syfers) word ingestel op 25 Julie 1941. Toe Sudetenland onder Duitse beheer kom word Tjeggo Slowaakse seëls met ‘n oordruk aanvanklik gebruik. Vir die state wat met WW2 deur Duitsland beset is het Duitsland seëls uitgereik.

In die periode 1945-1990 het ons die verdeelde Duitsland. Na die val van Nazi Duitsland het die posstelsel in duie gestort. Soms is seëls met ‘n geskende gesig van Hitler gebruik. Onder die Ge-allieerde besetting is die posdienste herstel onder die naam van die AM-Post (Allied Military Post). Die seëlbeskrywing was “Deutsche Post”. Wes Berlyn begin op 3 September 1948 seëls uitgee vir 42 jaar onder die naam “Deutsches Bundespost”. Die Wes-Duitse en Berlynse seëls kon oor en weer gebruik word. Die Duitse Demokratiese Republiek het die “Deutsche Post” gehad en hulle eerste seël is uitgegee op 9 Oktober 1949.

Met die vorming van die Federale Republiek van Duitsland word die Duitse Federale Poskantoor die agentskap met die alleenreg tot posdienste. Die naam is aanvaar in 1950. Vanaf 1990 het ons die Verenigde Duitsland en hulle vorm die Deutsche Bundespost AG. Die Deutsche Post van die DDR is geinkorporeer by die BBundespost. In 1995 word die Bundespost ‘n gelyste Maatskappy onder die naam van Deutsche Post AG


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer