Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-07-19 Views:  711
Author:  Fanie
Published in:  Do It ourselves/Doen dit self
Ifafi En Melodie Inwoners Rock!

19 Julie 2015

Die inwoners van Ifafi en Melodie het gewys dat hulle nou 'n verskil gaan maak om ons mooi dorp skoon te maak en mooi te hou. Hierdie aksie is ondersteun deur Afriforum wat dan ook gereël het dat die Stadsraad bystaan. 

Laas Saterdag 11 Julie het Irene (Eden Park), Neels (Dam str), Ronel (Kleinste str), Evan, Marna en kinders (Cannon str), Sharon, Fanie en kinders (Cannon str) en Josef (Skierlik) ingeklim en gewys dat ons kan as ons wil. Die veldjie tussen Melodie en Ifafi is getakel en papiere en gemors is langs die pad af en in afvoer stroompies verwyder. Sering lote is uitgekap en die plavei paadjies skoongemaak en met gif behandel. Die houtpaaltjies is met kreosoot behandel. In die proses het Neels ongelukkig sy selfoon verloor.

 

 

 

Oom RB du Preez - Voorsitter van die Afriforum Harties tak - het ingeklim en die Stadsraad se hulp georganiseer. Die Stadsraad het vir die gemeenskap gif geskenk, asook kreosoot en 'n groot vullis houer (hopper). RB het ook met Roadchem gereël om 'n "bush cutter" beskikbaar te stel vir die dag.

Op Vrydag 17 Junie het Oom RB het bygestaan met 'n TLB om die walle langs die plavei paadjie weg te werk. Die TLB het ook die hope grond langs die stromwater sloot af plat gewerk en ook hope grond wat gestort is in die veld.

Gister - 18 Julie - het die gemeenskap afgerond en die resultaat is meer aanskoulik.

Hier volg 'n paar VOOR en NA foto's:

 

VOOR

 

NA

 

VOOR

 

NA

 

VOOR

 

NA

 

VOOR

 

NA

 

Die resultaat lyk as volg:

 

 

 

 

Hierdie is maar die begin. Daar moet nou boompies geplant word in hierdie area. Dan is daar nog baie ander plekke in Ifafi en Melodie wat aandag kort. Daar gaan gereelde geleenthede wees vir die gemeenskap om deel te neem en dit word beoog om 'n instelling te word waar ons sê: Dit is ons plek hierdie.

Sharon, Irene en Ronel gaan dit lokaal verder neem en enige iemand anders in Ifafi en Melodie wat wil aansluit is welkom - laat weet net.

Ander areas word aangemoedig om ook soortgelyke inisiatiewe te onderneem en om verfraaiingskomitees daar te stel. In Schoemansville is daar al reeds 'n soortgelyke aksie aan die gang onder leiding van Jac Grobler en ons sien uit om hulle foto's te ontvang en artikels te plaas.

Afriforum is bereid om sodanige inisiatiewe te ondersteun en om te sien hoe daar gehelp kan word met die groot koste items. Die gedagte is om die Stadsraad se bystand so vêr moontlik te ontsluit en om die las op die gemeenskap te minimiseer.