Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-07-21 Views:  1596
Author:  karelnel
Published in:  General/Algemeen
RSA Posseels En Posgeskiedenis - Deel 3

Die Republiek van Suid Afrika – 1961 - 1994.

Op 31 Mei 1961 het Suid Afrika ‘n Republiek geword na ‘n referendum waarin wit kiesers naelskraap daarvoor gestem het. Koningin Elisabeth was voorts nie meer die Regentes van Suid Afrika nie en die laaste Goewerneur Generaal – Charles Robberts Swarts word die eerste staatspresident. Die amp van staatspresident was eintlik maar net simbolies, met die eintlike mag in die hande van die eerste minister, tot PW Botha ‘n wet in 1983 ingebring het wat die amp van die Eerste minister afgeskaf het. Onder druk van ander nasies, verlaat Suid Afrika die Britse Gemenebes in 1961 en is eers in 1994 weer toegelaat.

Die grootste deel van die republiek se eerste bestaansjare is in die agtergrond gekenmerk deur politieke stryd, wat uiteindelik op sporadiese geweld uitgeloop het. Die regering van die dag het aanvanklik die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling, selfbeskikking en vreedsame naasbestaan van volke in hul eie interafhanklike gebiede voorgestaan en begin implementeer. Miljoene Rande is gespandeer om nywerhede en infrastruktuur te vestig in sogenaamde “grensgebiede” naby aan die sogenaamde “tuislande” – gebiede wat tradisioneel deur die inheemse volke bewoon was, sodat lewensvatbare state gevestig kon word. Binnelands en buitelands het die beleid groot teenstand ervaar en het die kwetsende naam van “Apartheid” gekry wat later selfs tot “misdaad teen die mensdom” verklaar is. Die ANC was die vernaamste versetbeweging en het binnelands en buitelands gefunksioneer. Aanvanklik was hulle benadering vreedsaam, maar later het hulle gewelddadig opgetree of diesulke dade ondersteun. Hierin was hulle militêre vleuel Umkhonto We Sizwe (Die spies van die nasie) die hoof rolspeler. Ten spyte van pogings van die regering om die beleid van afsonderlike ontwikkeling te laat slaag het die buitelandse politieke en ekonomiese druk op die land toegeneem en toenemende rassepolarisasie het in die land plaasgevind. Boonop het die land betrokke geraak in ‘n semi-konvensionele oorlog op die Noordgrens van die destydse Suidwes Afrika, wat uiteindelik bygedra het tot die stigting van die nuwe staat Namibië. Hierdie oorlogspoging was ‘n verdere groot dreinering van nasionale bronne en ook die beperkte (hoofsaaklik wit) mannekrag, wat die grootste spit  van die oorlogspoging moes  afbyt. Die volgehoue druk het veroorsaak dat opeenvolgende Nasionale leiers stelselmatig op die oorspronklike doelwitte van die beleid moes begin kompromieë maak sodat dit al hoe meer onwerkbaar begin voorgekom het. Na ‘n ontstuimige tyd van multilaterale onderhandelings (voorafgegaan deur ‘n referendum onder wit kiesers waarin oorwegend “Ja” gestem is vir transisie), ten midde van baie multifaksie-geweld, het ‘n uitgerekte reeks van oorgangsonderhandelinge  plaasgevind waarna die mag geleidelik na die ANC oorgegaan het. Dit is finaal bevestig met die eerste demokratiese verkiesing van Suid Afrika in 1994 waar die ANC die amptelike regerende party geword het.

In die hele tyd het daar baie wonderlike dinge in die Republiek aangegaan en baie daarvan is op die land se seëls uitgebeeld in meer as 190 seëluitgifte. Die gedenkreekse het ‘n goeie balans gehandhaaf tussen herdenking van geskiedkundige gebeurtenisse of persone (veral aan die begin) en aktuele sake en noemenswaardige ontwikkelings. Sommige belangrike gebeure wat in die land plaasgevind het is nooit gebruik nie byv die Bosoorlog (daar was ‘n nuusverduistering), die isolasie van en sanksies teen die land, die geweldige groei van die RSA se wapenindustrie, die onderhandelingsproses tot politieke oorgang, ens.

Vaste Reekse

Op 31 Mei 1961 het die Republiek ‘n nuwe vaste reeks uitgegee met ‘n mengsel van plaaslike motiewe wat ingeluit het 3 voëls, 5 plante/blommemotiewe, twee geboue, een industriemotief, een plaasdier en een skeepsmotief – dus ‘n soort van ‘n allegaartjie van Suid Afrikaanse entiteite. Dit is uitgegee met en sonder watermerke. In 1963 is di reeks heruitgereik met ‘n ander watermerk en die reeks word gebruik tot 1967, hoewel daar in 1964 weer veranderinge aan die watermerk en die inskripsies op die seëls plaasvind. Dieselfde reeks word in 1967 herdruk met veranderinge in watermerk en inskripsie en die uitreiking bly geldig tot 1969. Intussen het ‘n 15c seël bygekom wat kragopwekking en mynbou  simbolies voorstel. In Januarie 1969 word van die seëls (1/2c en 1c) herdruk en die land se naam word verander van “RSA” en in 1969 kry al die seëls fluoresserende rame. Op 1 April 1971 word die 2 ½ c seël (Gewelhuis) herdruk met ‘n sigwaarde van 4c terwyl op 31 Mei 1971 die 7 ½ c  (Mieliekop) en 12 ½  c  (Protea) herdruk is as 6c en 9c seëls onderskeidelik (?). Nog ‘n heruitgawe volg in 1973, wat loop tot 1974. Die reeks het dus vir 13 jaar gedien.

Op 20 November 1974 word die kleurvolle Flora en Fauna reeks uitgegee – ‘n briljante, elegante reeks met 5 blomme, 5 voëls en 5 visse. Terselfdertyd is 4 Rolseëls ook uitgegee. Rolseëls is seëls wat in ‘n lang rolletjie uitgereik word, meestal vir die gebruik in seëlmasjiene. Sommige sulke seëls word uitgereik met gladde rante op die twee parallelle kante. Die reeks het gefunksioneer tot 1977 – dus ‘n skamele 3 jaar.

Op 27 Mei 1977 is Suid Afrika se trotse Protea-reeks as vaste reeks uitgebring. Dit het bestaan uit 17 baie getroue uitbeeldings van pragtige inheemse Protea-blomme. Dit is in twee perforasies uitgegee, asook 4 rolseëls met sigwaardes 1c, 2c, 5c en 10c. Hierdie reeks was geldig tot 1982 – dus 5 jaar.

Die reeks daarna het gehandel oor Suid Afrikaanse argitektuur en het 16 beroemde geboue afgebeeld op 15 Julie 1982. Van verskeie van die seëls is daar verskillende kleurdrukke uitgebring. 5 Rolseëls, met verskillende gebou-afbeeldings is terselfdertyd uitgegee, derhalwe kry mens seëls uit die tydperk met dieselfde sigwaardes, maar verskillende afbeeldings. Met hierdie reeks het posgeld meer dikwels verhoog, sodat die behoefte ontstaan het om aanvullende seëls met hoër sigwaardes gereëld uit te gee. Op 2 April 1984 word ‘n 11c seël uitgebring opgevolg deur ‘n 12c seël op 1 April 1985, ‘n 14c seël op 1 April 1986 en 16c op 1 April 1987 (Met ‘n oordruk  en ‘n 10c toeslag vir die Natal Vloedramp op 16 November 1987). Die reeks het 6 jaar geduur.

Op 1 September 1988 word ‘n ewe indrukwekkende reeks (Genoem die 5de vaste reeks), oor Suid Afrikaanse Vetplante uitgebring, 15 seëls wat elkeen ‘n ander Suid Afrikaanse inheemse vetplant afgebeeld het – elkeen met sy blom. Daar is ook 5 rolseëls uitgegee (1c, 2c, 5c en 10c) wat elkeen ‘n ander vetplant afgebeeld het. Dus kom ook seëls voor met dieselfde sigwaardes, maar ander motiewe daarop.  Op 1 April 1989 volg ‘n 18c seël, op 1 Maart 1990 ‘n R5 seël en op 2 April 1990 ‘n 21c seël. Omdat die standaard posgeld so gereëld opgegaan het, en dit elke keer die druk van ‘n nuwe seël behels het, word daar sedert 1 April 193 gebruik gemaak van standaard  posgeld posseëls met geen gedrukte sigwaarde op nie, maar bloot gemerk “Gestandaardiseerde Pos/ Standard Postage”. Die reeks funksioneer vir 5 jaar.

Die volgende vaste reeks (6de vaste reeks: 3 September 1993 - 1997)  was baie interessant, want dit het gehandel oor bedreigde diere. Dit het aanvanklik bestaan uit 17 seëls, wat reptiele, voëls en soogdiere ingesluit het. Een van die seëls, die bekende Renosterseël, is dadelik as deel van die reeks as standaard posseël uitgebring. Op 2 Oktober 1995  volg ‘n 85c seël en op 20 Maart 1997 ‘n R20 seël wat ‘n Visarend afbeeld (Wat streng gesproke nie ‘n bedreigde spesie is nie). ‘n Hersiening van die vaste reeks oor bedreigde Fauna volg op 12 Desember 1997  (Van veral die kleiner denominasie seëls het teen die tyd reeds verdwyn).

Die volgende identifiseerbare vaste reeks wat  handel oor baie kleurvolle visse, pragtige blomme, mooi skoenlappers en voëls volg op 1 November 2000 en dus het die reeks oor bedreigde diere, wat die oorgang van die Republiek van Suid Afrika na volle demokrasie oorspan het, vir 7 jaar geloop.

Gedenkseëls:

In die tydperk het daar ‘n geweldige rykdom van onderwerpe op Suid Afrikaanse gedenkseëls verskyn, wat die baie hulpbronne en vindingrykheid van die land uitgebeeld het, asook die land se ryke geskiedenis en kultuurskatte. Van die benaderd  30 onderwerpe omvat geskiedenis-, politiek-, sport-, Kommunikasie-, Kuns-, Gesondheid- en kultuuronderwerpe meer as 50% van die uitgifte (Vaste reekse uitgesluit). Die tien belangrikste onderwerpe vertoon die volgende motiewe:

Geskiedenis.

Die volgende is onder andere herdenk

  1. 500 Jaar herdenking: Ontdekking van die Kaap deur Bartolomeu Dias

  2. 300 Jaar herdenking: Stellenbosch, Paarl, Aankoms van die Franse Hugenote

  3. 200 Jaar herdenking: Wolraad Woltemade se heldedaad

  4. 150 Jaar herdenking: Andrew Murray, Groot Trek

  5. 100 Jaar herdenking: Unisa, Burgespond, Johannesburg, Anneksering van Walvisbaai, GRA, Totius se geboorte, Zoeloe oorlog, Slag van Amajuba, Geboorte van Leipoldt, Kaapse Parlementgeboue, Paardekraal, Dierebeskermingsvereniging

  6. 50 Jaar herdenking: Nasionale Vlag

  7. 25 Jaar herdenking: Voortrekkermonument

  8. Politiek:

  9. 5, 10, 20 en 25 Jaar herdenking van die Republiek

  10. Inlywing van Presidente: Fouche, Diedericks, Vorster, Botha, De Klerk, Mandela

  11. Eerste vergadering van Transkeise wetgewer

  12. Nuwe Konstitusie

  13. Sport:

  14. Sport in die algemeen, SA Spele,

  15. Rugby

  16. Krieket

  17. Polo

  18. Gholf

  19. Rolbal

  20. Liggaamlike opvoeding vroue en meisies

  21. Kommunikasie: Relatief baie aandag word hieraan gegee

  22. 5 Nasionale seëldae

  23. Die herdenking van die Universele Posunie en Internasionale Telekommunikasie Unie

  24. Posmeganisasie, Eerste seelproduksie in SA, Wereld kommunikasiedag

  25. Omskakeling van Poskantoor na Poskantoor en Telkom

  26. Kuns:

  27. Skilderye van : Thomas Baine, Erich Mayer, JEA Volschenk, Frans Oerder, Pierneef, Wenning, Skilderye uit die Nasionale Gallery, Kinderkuns (2)

  28. Beeldhou: Anton van Wouw

  29. Rotstekeninge

  30. Gesondheid:

  31. Heerdenkings: Rooi Kruis (100 jaar), Verpleegsters Assosiasie (50 jaar), Nasionale Kanker Assosiasie (50 jaar), Eerste hartoorplanting, RSA herdenking van tegnologiese prestasies, o.a. medies (30 jaar), Ontdekking van die Tuberkulose basillus (100 jaar)

  32. Kultuur:

  33. Herdenkings: Volkspele (50 jaar), FAK (50 jaar) , Voortrekkerbeweging (50 jaar), Boy Scouts (75 jaar)

  34. Engelse Skrywers van SA

  35. Antieke Kaapse meubels en Silwerware

  36. Opening van Staatsteater

  37. Internasionale Wynsimpoosium

  38. Infrastruktuur:

  39. Hawens

  40. Brue

  41. Ligtorings

  42. Weerstasies

  43. Eskom

  44. Yskor

  45. Sasol

  46. Skaap en Wol industrie

  47. Suier industrie

  48. Uitsaaiwese

  49. Tegnologie:

  50. Sattelietkommunikasie

  51. Metrisering

  52. Uraanontwikkeling

  53. Tellurometer

  54. Brandstofbesparing

  55. Energiebronne

  56. Belangrike Persone:

  57. SA Wetenskaplikes

  58. SA Engelse Skrywers

  59. Calvyn

  60. Genl Hertzog

  61. CJ Langenhooven

  62. HF Verwoerd

  63. DF Malan

  64. Genl Smuts

  65. Pres Vorster, Botha, de Klerk, Diedericks, Mandela

  66. Dr Robert Koch

  67. Die res van die onderwerpe vorm ‘n ryke verskeidenheid wat aandui watter wonderlike land die RSA in die tydperk was:

  68. Toerisme

  69. Blomme/ Plante

  70. Geboue

  71. Diere

  72. Godsdiens

  73. Skepe

  74. Militêr

  75. Voëls

  76. Insekte

  77. Welsyn

  78. Omgewing

  79. Treine

  80. Visse

  81. Weerkunde


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer