Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-08-06 Views:  589
Author:  karelnel
Published in:  From the heart/Uit die hart
Dorsetstraatkerk

Dorsetstraatkerk

 

Die groot klipkerk staan lykmy lankal leeg. Toe ek nou-die-dag in Dorset straat by die kerk verbyloop, sien ek hulle verhuur dele daarvan uit vir funksies en nog wat. Maar die kerkdeure na die straat is toe. Obviously is die kerk gebou om vir eeue te hou, want dis van klip. As mens elders in die dorp loop dan steek die spits toring op die gesigslyn uit, as handige navigasiepunt, maar ook as 'n soort van vingerwysing na die hemel. Ek kan dink dat as so 'n kerk nie meer 'n funksie het nie, dan word dit 'n ontsaglike finansiële las, want ons weet mos - selfs klip vergaan.
Toe ek vanoggend weer verbystap, sien ek die horlosie het ook lankal gaan staan. Asof die kerk se tyd verbygegaan het.
Die interessante is dat die horlosie gaan staan het om een-minuut-voor twaalf en dis merkwaardig. Daar kan een van drie redes wees hiervoor: Dit kan "toevallig" so wees of daar kan 'n meganiese rede daarvoor wees, of 'n mens was betrokke by die stop van die horlosie.
Feit is - die statiese horlosie is besig om deurgaans 'n boodskap te verkondig: "Dis een minuut voor middernag!"
As 'n mens die horlosie gestop het wou hy subtiel aan die wêreld 'n boodskap deurgee, en ek wonder hoeveel mense dit opmerk en verstaaan. As dit "toevallig" daar gaan staan het is dit in my oordeel nog meer beduidend. Dan is daar dalk ' dieper boodskap in - dalk een of ander profesie oor die stad en sy mense?
Hoe sou jy die horlosie lees?
Groete
K
---000---
2014-08-04

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer