Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2014-12-16 Views:  647
Author:  karelnel
Published in:  Religion/Geloof
Ismes En Geite Deel 1

Ismes en Geite – Deel 1

 

In die lees en bestudering van teologies/filosofiese vakliteratuur kom mens baiekeer op begrippe af wat jy nie ken nie. Hieronder is ‘n versameling van sulke terme verduidelik op ‘n manier wat vir die leek verstaanbaar is. Dit is versamel uit ‘n verskeidenheid van bronne en word , weens die lengte in drie dele aangebied.

 

A priori Konsepte

Konsepte wat ervaring voorafgaan wat dit moontlik maak vir ons om dinge te verstaan (Kant)

Aardstrale

Daar word beweer dat dinge soos water, minirale ens “strale” uit die aarde uitstuur wat deur sekere mense ervaar kan word, asook deur  diere. Miere, en katte soek sulke strale op en beeste, skape  probeer dit vermy. Dit is dan volgens hulle die strale wat hulle in staat stel om mbv die mikstok, drae of pendulum byv water, kabels ens op te spoor. Die aarde het wel magnetiese velde en versteurings daarin, asook gravitasievelde met versteurings daarin en hierdie dinge kan  wetenskaplik gemeet word. Mense wat dit ervaar , ervaar dit egter op ‘n para-normale manier.

Aborsionisme

Die teorie dat ‘n ongebore kind nie ‘n aparte persoon is nie, maar deel is van die moeder se liggaam, en dat sy die reg he tom die “weefsel” mag laat verwyder.

Adoptionisme:

‘n Dwaling van die tweede eeu wat reken dat Christus ‘n gewone mens was wat deur God se bepaling uit ‘n maagd gebore is, en nadat Hy  deeglik getoets is bonatuurlike  magte ontvang het na sy doop. As ‘n beloning  vir Sy edele karakter is HY opgewek uit die dood en opgeneem by God. Hy was dus ‘n mens wat  God geword het. Die  teorie was ‘n poging om die twee nature van Christus te probeer verklaar.

Afgodery:

Die geloof in enige ding of wese in die fisiese heelal of in die geskape geestelike wêreld as god en redder.

Agnostisisme:

Byna dieselfde betekenis as skeptisisme. Dit is ‘n standpunt wat  huldig dat God nie geken kan word nie.

Allegorie:

Die gebruik van geskrewe dinge om ‘n  verborge mening weer te gee.

Anargisme:

Die politieke teorie  wat leer dat alle vorme van regering onderdrukkend is en hulle bevorder ‘n gemeenskap gebaseer op vrywillige samewerking en –assosiasie.

Annihilationisme:

Verduidelik die posisie dat mense se siele ophou bestaan  na die dood. Een skool leer dat alle mense se siele hou op bestaan na die  dood. ‘n Tweede skool leer, hoewel die mens sterflik is, God aan die  verlostes die gawe van onsterflikheid gee, en dat die res van die mensdom dan sink na niksheid. ‘n Derde skool wil dit hê dat hoewel die mens onsterflik geskape is, die afvalliges  verval na niksheid, of deur ‘n  direkte daad van God, of deur die vernietigende effek van die bose.

Antinomianisme:

Die leer dat daar geen onveranderlike morele wet  is nie, of dat die morele wet toepaslik is op mens se persoonlike lewe, maar nie op die lewe as geheel nie. Beteken ‘Teen die wet’. Dit verwys na die leerstuk dat die morele wet nie van toepassing is op die Christen  as ‘n lewensreël nie. In die wyer sin is dit toepaslik op fanatici wat geen reëls wil aanvaar behalwe hulle eie idees nie, en dit  sê hulle  kom van die Heilige Gees.

Antropomorfisme:

Die siening wat huldig dat God ‘n menslike vorm het met voete, hande, ‘n mond, hart en menslike eienskappe en emosies.

Argetipes:

Pattrone van beelde vir  verskillende lewensbenaderings (Jung)

Arianisme:

‘n Dwaling uit die jare 300 wat  gereken het dat daar ‘n verskil is tussen God die Vader en God die Seun, wat Christus van sekondêre belang maak. Volgens die leer is alleen die Vader ewig, en Christus is uit niks geskape as die eerste en grootste van alle skepsele en dat Hy daarna die hele heelal gemaak het. Sommige het gemeen dat die Heilige Gees is die eerste en grootste skeppinge wat deur die Seun geskape is. Dit beteken natuurlik ‘n God wat ‘n begin het, en daarom ook ‘n einde mag hê.

Armenianisme:

Is ‘n leerstuk wat in die 1500’s ontstaan het as ‘n reaksie teen streng Calvinistiese sieninge. Dit verkondig dat God verkies mense op grond van hul geloof, Christus het vir almal gesterf maar net gelowiges word gered, mense is so korrup dat genade nodig is om te kan glo, maar die genade kan deur die mens verwerp word.

Asketisisme:

Die be-oefening van self-dissipline, meer spesifiek met betrekking tot die liggaam. Neem baiekeer die vorm van onthouding aan (byv vas) en in uiterste gevalle  iets soos self-geseling. Soms gaan dit gepaard met die opgee van mens se besittings of  die onttrekking uit die samelewing.  Gebeur baiekeer sodat iemand kan fokus op ander dinge as die materiele.

Assosiasionisme: Die siening dat ons idees gevorm word deur die kombinasie van sintuiglike persepsies wat  baie dieselfde is of wat ons saam beleef. (Hume)

Astrologie:

Die leerstuk dat hemelliggame die  toekoms van individue en nasies kan voorspel.

Autonomianisme:

Die teorie wat leer dat elke individu sy eie morele wet maak.

Bevrydingsteologie:

‘n Sameflansing van Christelike teologie en Marksistiese sosiale ontleding wat propageer dat die mens sy eie vrymaking kan verwerf binne die konteks van revolusie en optrde.

Confucianisme:

Die  antieke Chinese filosofie wat sosiale harmonie en respek vir andere beklemtoon.

Deduksie (Afleiding)

Die bepaling van wat waar is gebasseer op wat alreeds bekend is as waar.

Deisme:

‘n Losse filosofiese denkrigting wat erkenning gee aan die bestaan van ‘n persoonlike God, persoonlike aanbidding, die noodsaaklikheid van  etiese gedrag en belydenis van sondes asook goddelike  belonings en strawe. Die filosofie ontken egter ingryping van God in die natuurlike orde, ontken die Drie-Eenheid en menswording van Christus, die goddelike gesag van die Bybel, verlossing, wonderwerke en spesiale mense van God soos Isr

ael en die kerk. Die leer dat God Homself onttrek het van die geskiedenis en van die skepping, en dat dit gelaat is om op hul eie voort te gaan.Die geloof in ‘n onkenbare God wat die wêreld aan die gang gesit het aan die begin maar min gedoen het sedertdien om in die natuur in te gryp sedertdien.

Dekonstruksie:

Die ontrafeling van die betekenis van geskrewe materiaal om te wys hoe dit saamgestel is uit aannames wat nie waar kan wees nie.

Demokrasie:

Beteken: Die volk is soewerein, of die volk regeer. ‘n Konsep dat die mensdom een is en dat die meerderheid die reg het om enige wet te maak en toe te pas.

Determinisme:

Die idee dat wat moet

gebeur sal gebeur as gevolg van sekere natuurwette, ‘n goddelike plan of die menslike natuur. Baie in stryd met die begrip van individuele vryheid.

Diachroniek:

‘n Siening van taal in strukturele linguistiek wat taal bestudeer soos dit ontwikkel.

Dialektiek:

‘n Woord wat deur die eeue baie betekenisverandering ondergaan het. Kant het gevoel dat sekere anomalieë in menslike denke juis daar is as simptome van die beperktheid van  menslike redenasievermoë. Hegel het gevoel hierdie anomalieë is juis die wese van menslike denke. Hy voel dat ‘n tese (om te wees) aanleiding gee tot die opkoms van sy anti-tese (niksheid) en dat die twee versoen word in ‘n sintese (om te word) Volgens hom is hierdie die struktuur van die vooruitgang van alle vertakkinge van menslike kultuur, wat op sigself weer manifestasies van  die Absolute Gees is. Beweging heen en weer tussen ‘n idee en iets wat die idee nie is nie. Denke oor die idee in terme van ‘n ander idee of  vergelyking en kontrastering van twee of meer idees.

Diktatorskap:

‘n Vorm van burgerlike regering waarin alle gesag saamgevat is in die hande van een heerser of ‘n klein groep van heersers met absolute mag.

Docetisme:

Die  leerstuk dat Christus nie werklik vlees geword het nie, maar net soos ‘n mens gelyk het. Was een van die eerste teologiese foute wat  voorgekom het. Cerinthus (58nC0 het gesê dat Christus net wyser en beter was as ander mense en dat die Goddelike Christus op Hom neergedaal het met Sy doop, en Hom verlaat het op die kruis. Die werklike inkarnasie van God in  die mens word dus vervlak tot ‘n illusie

Dogma:

Enige manier van denke wat as waar aanvaar word. Kom van die antieke Grieks wat beteken “geloof”

 

Dogmatiese eksklusivisme:

‘n Teorie wat nie alle ware gelowiges by die tafel van die Here en die openbare aanbidding van die Here toelaat nie.

Donatisme:

Die filosofie van ‘n groep wat hulle van die kerk afgeskei het in die vierde en vyfde eeue. Hulle het streng dissipline toegepas, daarop aangedring dat kerk en staat geskei moet wees en het hoë standaarde vir mense in die bediening  vereis. Hulle het geglo in die kinderdoop en  wedergeboorte met die doop. Hulle het egter gaandeweg in ekstremisme verval.

Doodstraf:

Die leer dat dit die regering se plig is om die lewe te neem van ‘n persoon vir ernstige misdade soos uiteengesit in die Skrif.

Dualisme:

‘n Teorie van interpretasie wat ‘n situasie verduidelik in terme van twee opponerende faktore of beginsels. In die algemeen is dit tweevoudige klassifikasies wat nie tussentoestande toelaat nie.Die geloof dat realiteit verdeel kan word in materiele en geestelike komponente. Die geestelike gedeelte daarvan maak dit moontlik om te dink.

Eenheid in diversiteit:

‘n Slagspreuk van moderne holisme wat beweer dat alle eenheid moreel beter is as diversiteit en dat eenheid altyd prioriteit het oor diversiteit.

Egalitarianisme:

Die teorie wat daarna streef om alle  onderskeidings van taal, geslag, seksuele orientasie, stand of godsdiens deur middel van ‘n unitêre, demokratiese staat te verwyder.

Egoisme:

Die teorie dat selfbelang die werklike motivering vir elke menslike aksie is en dat elke persoon sy eie wet en  bestemming moet skep.

Ekologie:

Die wetenskaplike dissipline wat die interverwantskap van alle dinge in die natuurlike omgewing beklemtoon. Die moderne ekologiese beweging is beinvloed deur panteisme en holisme.

Eksistensialisme:

Dui die kwessie van persoonlike toewyding in ‘n geloofsaksie aan. Eksistensialistiese geloof glo met innerlike passie - dit het te make met die verhouding tussen die verhouding, die self en die  objek van geloof. Spekulasie is die teendeel van eksistensiële geloof. Beklemtoon die verantwoordelikheid van die individu om betekenis aan realiteit te gee (Kierkegaard, Heidegger, Sartre)

Ekumenisme:

Die begeerte om alle belydende kerke en wêreld godsdienste te verenig in een verenigde, sigbare struktuur.

Epikureanisme:

Hellenisteiese filosofie wat die vermyding van  verstandelike pyn beklemtoon het.

Epistomologie:

Die studie van om te weet. Epistomoloë wil weet wat dit beteken as ons sê ons weet  iets.

Empirisisme:

Die posisie dat ons alleen seker kan wees van kennis verkry deur die toets van idees teen die getuienis van ons sintuie – betroubare  kennis word deur ondervinding  geproduseer.

Etiek:

Die studie van morele en sosiale gedrag. Etiese filosowe wil weet wat dit beteken om ‘n persoon te wees en hoe mense kan en behoort op te tree.

Etnosentrisiteit:

Is die natuurlike tendens by mense om die gedrag van ander mense te beoordeel aan die hand van hulle eie kulturele aannames. Mense is  agterdogtig teenoor andere se gebruike en gewoontes en glo dat dit onbehoorlik of  minderwaardig is

Eutanasia (Genadedood):

Die praktyk om hopelose siekes of ou mense om die lewe te bring onder die voorwensel van genade.

Fasisme:

‘n Ideologie gebaseer op vêr-linkse, sosialisties-politiese filosofie wat die sentrale staat verafgod as die bron van voorspoed, vrede, veiligheid en geregtigheid.

Fatalisme:

Hou dat gebeure ‘n nie-rasionele kosmiese proses is. Die gedagte is vreemd aan Christelike denke, en kom oor die algemeen in Oosterse denke voor. ‘n Leerstelling wat menslike verantwoordelikheid ontken en wat alles aanvaar wat in die wêreld  en in die persoonlike lewe gebeur as onafwendbaar en deur die noodlot bepaal.

Fenomenologie:

Die filosofie van Husserl wat sê dat bedoeling of houding gaan altyd gepaard met bewussyn.

Feudalisme:

Die ekonomiese strukture waarin die adel die land besit wat deur die werkers bewerk word in ruil vir beskerming deur die adel.

Feminisme:

Die teorie wat daarop aanspraak maak dat mans en vrouens in alle opsigte gelyk is in alle  lewensterreine.Filosofie en politieke beweging wat die sistematiese uitsluiting van vroue en vrouebelange deur manlik-gedomineerde denke in die gemeenskap te ontbloot en teenstaan.

Fundamentalisme:

Is ‘n beweging in teologie wat daarop gemik is om die  fundamentele waarhede van die Christelike geloof te bewaar, en om dit teen te staan wat dit bedreig. Dit fokus nie net op die sieninge van een bepaalde denominasie nie, maar al die essensiële dinge wat oorgeêrf is uit die hervorming. Nege basiese  waarhede word onderskei 1) Die inspirasie en  onfeilbaarheid van die Skrif 2) Die Drie-eenheid 3) Die Goddelikheid en maagdelike geboorte van Christus 4) Die skepping en val van die mens 5) Die liggaamlike opstanding en hemelvaart van Christus 6) Die persoonlike en nabye wederkoms van Christus 7) Wedergeboorte van gelowiges 8) Die opstanding en ewige heerlikheid of ewige verderf 9) Plaasvervangende versoening

Funksionalisme:

Die antropologiese teorie dat alle verskeidenheid van aspekte van ‘n kultuur ‘n sosiale doel vervul.

Gajaisme:

Die leerstuk dat die aarde die moeder godin Gaja is en dat Gaja ‘n lewende eenheid is wat beskerm moet word as ‘n geheel.

Globalisme:

Die antieke sosio-politieke toekomsvisie wat daarna streef om alle etno-kulturele groepe in een verenigde wêreldorde te integreer.

Gnostisisme:

‘n Baie gevaarlike dwaling uit die tweede eeu. Die gnostisiste het  daarop geroem dat hulle spesiale openbaringskennis gehad het. Dit kon slegs deur sogenaamde “geestelike” mense ontvang word. Hulle alleen is teruggelei na die lig van die Allerhoogste God. Ander mense was aards en kon nie  bokant geloof uitstyg nie, en party van hulle is onredbaar en bedoel vir vernietiging. Materie is volgens hulle  boos. Hulle het geglo dat die God van die Jode nie die Skeppergod was nie, maar bloot ‘n laer orde wese. Die Allerhoogste was volgens hulle onkenbaar, en het oneindig verwyderd van die wêreld bestaan. Die historiese Christus was bloot ‘n mens , maar die hemelse Christus het van Hom besit geneem, maar dit was geen werklike inkarnasie nie. Die hemelse Christus het hemel toe teruggekeer voor die kruisiging.

Hellenisme:

Die kultuur, taal en filosofie van die lewe wat geheers het in die Grieks-Romeise wêreld ten tye van Christus. Hellenisme was inherent internasionaal van karakter. Dit het die individu se spontane uitdrukking in sosiale, politiese, ekonomiese en filosofiese dimensies beliggaam. Hierdie vryheid om te dink en op te tree het ‘n nuwe lewenswyse tot stand gebring.

Heidenisme:

Die woord het verskillende betekenisse oor verskillende tye gehad. Aanvanklik beskrywe dit die godsdienstige en etiese stelsels van die voor-Christelike era, en meer spesifiek die van die klassieke kultuur. Dit beskrywe die godsdienstige en morele aspirasies van die mense wat geleef het voor Christus in die wêreld gekom het, en wat nie skuldig daaraan was om die Here te verwerp nie. ‘n Volgende gebruik sien op die mense wat die evangelie gehoor, maar dit doelbewus verwerp het ten gunste van een of ander ander  godsdienstige of filosofiese stelsel. In ‘n derde sin beskrywe dit alle beskaafde en onbeskaafde mense wat nognie die evangelie gehoor het nie.

Hedonisme:

Die leerstuk wat daarop aanspraak maak dat die waarde van alle menslike aksies bepaal moet word aan die bydrae wat dit maak to plesier en vervulling van luste.

Historiese Materialisme:

‘n Filosofie wat daarop aanspraak maak dat die geskiedenis onvermydelik beweeg van feudalisme, na kapitalisme, dan na sosialisme en uiteindelik na kommunisme.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer