Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-09-08 Views:  2175
Author:  JFK
Published in:  LoadShedding/Beurtkrag
Harties Beurt Krag Oplossing

Ek het my besigheid nou na Harties toe bring met jul toestemming en ondersteuning...

As jy kyk na die nuus, artikels op die net, luister na die kenners en mense in die industrie wat weet wat aangaan... Dan gaan beurt krag nog ‘n paar jaar ‘n groot problem vir ons almal wees en dit gaan net erger word met tyd. JFK Technologies was gestig spesiaal vir die doel om ‘n beskostigbare oplossing te bied vir huishoudings en besighede om redelik gemaklik deur ‘n beurt krag sessie te gaan.

My oplossing behels ‘n GRATIS, deeglike opname van jou perseel; m.a.w ek kyk na jou huidige verbruik, hoeveel krag jy tans gebruik en wat dit jou in rande kos per dag, maand en jaar. Ek maak terselfdertyd sinvolle aanbeveelings oor hoe jy werklik kan sny en spaar en wat dit sal behels om die veranderinge in plek te kry.

Ek voorsien jou van ‘n kwotasie wat voldoende krag aan jou sal voorsien om jou vir die volle tydperk wat beurt krag plaasvind gemaklik deur dit te dra. Natuurlik is die kostes van die oplossing belangrik vir jou en dus is my aanbeveeling dat jy konsentreer op net die nodigste tydens beurt krag.

Die werklikheid is dat die kostes van ‘n volledige son paneel systeem ongelukkig buite die bereik van meeste mense is, en dis juis hoekom ek hierdie alternatiewe oplossing bied. Die sisteem behels ‘n ‘pure sine wave inverter’ met een of meer ‘deep cycle batteries’. Die grootste voordeel van hierdie sisteem is die vermoë om later ekstra batterye by te sit sou beurt krag sessies langer word; sonkrag panele te installeer om die batterye te laai in plaas van Eskom en ‘n generator by te voeg om as ‘n geheel by te dra. Die ‘inverter’ skakel automaties oor na die stabiele battery krag die oomblik wat Eskom af gaan en skakel ook direk terug as Eskom weer aan is (jy gaan nie eers weet beurt krag gebeur nie). Tans bereken ek die installasie om mense 3 tot 4 ure battery krag te gee maar kan dit aanpas vir meer ure of self dae sou jy dit so benodig.

Ek voorsien jou van ‘n hele 12 maande waarborg op die installasie en al die toerusting, plus gee jou die elektriese bedraading sertifikaat wat vereis word volgens huidige wetgewing en jou assuransie doeleindes ingesluit in die totale kostes.

My grootste passie in my besigheid is kliente diens en hul satisfaksie. Tydens die 12 maande waarborg periode kom ek dan ook gratis uit om die sisteem te hersien na 6 maande asook in die 12de maand om seker te maak dat alles nog in goeie werkende toestand is.

Kontak my asb hier.

Die sisteem kostes hier


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer