Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-09-09 Views:  1264
Author:  Fanie
Published in:  Harties Heritage/Erfenis
Die Skrywer Sangiro Kom Van Harties

HOEV: OPNAME VAN BESIENSWAARDIGHEDE                  Nr 020

HEHA: SURVEY OF HERITAGE SITES                                     No 020

 

SANGIRO (SKRYWER A A PIENAAR) SE GEBOORTEPLAAS

DATUM 1894

SAEA BESKERMING (60jr) ja

VERKLAAR nee. GELYS nee

GPS data:X 27.51.51 Y –25.47.36

BROEDERSTROOM 481JQ. GEDEEELTE 189

PAD: P 31-1

EIENAAR / KONTAKPERSOON: Tjoekie Raath 

 

Op 23 Augustus 1894 is een van Suid-Afrika se gewildste skrywers, Andries Albertus Pienaar, beter bekend as Sangiro, op hierdie plaas gebore. Hy was die tweede oudste seun van Abel Albertus Pienaar en Martha Johanna (“Nonnie”) Pienaar. Na hom is nog ses van die Pienaars se nege kinders hier gebore,

 

Net soos duisende ander Afrikaners in die destydse Boererepublieke, is die Pienaars ook deur die Anglo-Boereoorlog verarm. Abel het as gevolg van die armoede en die verlore vryheid die land verlaat en na colonies in Afrika of na Argentinië immegreer. ‘n Duitser, ene Oscar Wolff, wat saam met Abel op kommando was, het kort na die vredesluiting in 1892 op die plaas van die Pienaars aangekom en van die wilde land, Duits-Oos-Afrika vertel. Dit het ‘n blywende indruk op die jong Andries gelaat en selfs die ouers oortuig om daarheen te verhuis.

 

 

Die stalle in 2000.                                                    The stables in 2000.

Die stalle in 2009.                                                                The stables in 2009.

 

 

 

 

In die paar jare wat dit geneem het om die plaas te verkoop, het die kinders by mnr J H Wenting skoolgegaan. (Kyk Broederstroom skool 022.) Die wagtyd op die trek is darem ook deur ander sensasies soos die koms van die evangelis, Gipsy Smith, en die besoek van Texas Jack se sirkus opgehelder.

 

Sangiro se ouers, Martha en Abel Pienaar, by hulle oudste seuns, Ampie, Awie en Andries.

 

Sangiro’s parents, Martha and Abel Pienaar, with their oldest sons, Ampie, Awie and Andries.

 

In Junie 1907 het die Pienaars na Oos-Afrika vertrek en sluit die Pienaargeskiedenis op Broederstroom dus af. Op die trek en later in Duits-Oos-Afrika het die Pienaars malaria opgedoen en hulle diere het aan Ooskus-koors beswyk. Twee van Andries se broers is kort na hulle aankoms aan malaria oorlede. As nagedagtenis aan hulle (en moontlik ook hulle geboorteplaas) het die Pienaars hulle plaas, “Broedersrust” genoem. ‘n Kortverhaal, “Koors, fragment uit die trek naar Duits-Oos in 1907”,wat as een van Sangiro se beste werke beskou word, is op die ontberings van hierdie trek gebaseer.

 

In 1921 verskyn Sangiro se “Uit Oerwoud en Vlakte” wat deur kenners, saam met Eugéne Marais se gedig, “Winternag”, as ‘n klein wonderwerk vir daardie tyd genoem is. Ander werke wat sou volg, is “Diamantkoors”, “Twee Fortuinsoekers”, waarvoor hy die Hertzogprys verower het, “Op Safari”, ”Rolprentavonture” en “Simba”. Die film, “Kilimanjaro”, het in Duitsland, Engeland en Amerika gewys en Sangiro het die alleenreg bekom om dit in Suid-Afrika te vertoon. Hierna was hy betrokke by die rolprente “Shaitani”, “Bou van ‘n Nasie” en “Lig van ‘n Eeu”.

 

In 1945 is die Hertzogprys vir die tweede keer aan Sangiro toegeken met die motivering: “Sangiro is miskien ons fynste prosais. Hy is ‘n gebore skrywer, nie ‘n gemaakte nie. Digterlik-objektief is hy ‘n meester in die vertelkuns…Sangiro se styl tref deur die sober natuurlikheid  van mededeling, fris en oorspronklik, deur ‘n dwingende ritme van persoonlike  belewing in erns of geestigheid, deur gevoel vir lyn en kleur, deur maat, smaak en ewewig.”

 

Die rondawel op Sangiro se geboorteplaas.      The kitchen rondawel on Sangiro’s birth farm.

 

Sangiro se laaste boek, “En die Oranje vloei verby”, het in 1951 verskyn. Hy is in 1979 op Panbult in die distrik van Bloemhof oorlede. Sy pad het met vele kunstenaars soos, P J Schoeman, Jan F E Celliers, D C Boonzaier, Coert Steynberg, Henk Pierneef, J F W Grosskopf, H A Aschenborn, Hendrik en Mathilda Hanekom, Anna Neethling-Pohl en vele ander gekruis met wie hy hegte vriendskappe opgebou het. Sy “Uit Oewoud en Vlakte”, wat in ‘n sin omstrede was weens ooreenkomste met ‘n onbekende Duitse skrywer se werk, was vir dekades die Afrikaanse boek met die meeste afset en herdrukke. Baie van sy werke is in menige Europese taal vertaal.

 

Sangiro as mens, en sy gesin en hulle lot is tiepies vir ‘n Afrikaner van sy tyd. So is ook sy geboortplaas en -huis ‘n weerspiëling van daardie mense en hulle lewens in ‘n tyd van die wordingstryd van ‘n volk. In sy werke word hierdie omstandighede en ook voorwerpe dikwels genoem. So bv die losstaande rondawel wat as melkkamer maar vir hom ook as werkkamer gedien het. Klein dinge wat mens en wêreld sinvol bind.

 

Die feit dat skrywers en kunstenaars soos Preller (031) , Marais (033, 028), Sangiro en vele ander, een of ander verbintenis met Hartbeespoortdam het, kan nie ‘n blote toeval wees nie. Die plaas en sy geboue word vandag kommersieel as hoenderboerdery gebruik onder die naam “Sangiro” alhoewel die bestuur geen respek vir die geskiedenis of Sangiro as skrywer het nie. Is dit ‘n tragies-komiese verandering van kultuur?

 

 

Sangiro se geboortehuis in 2000.                                              Sangiro’s birth house in 2000.

 

 

Inligting en ou fotos verkry uit: SANGIRO:’n Lewenskets van A A Pienaar. D A van der Bank. Nasionale Museum Bloemfontein.

SANGIRO’S (AUTHOR A A PIENAAR) BIRTH FARM HOUSE

DATE 1894

SAHRA PROTECTION (60YR) yes

DECLARED MONUMENT: no. LISTED: no

GPS data: X 27.51.51 Y –25.47.36

BROEDERSTROOM 481JQ.PORTION 189

ROAD: P31-1

OWNER / CONTACT PERSON: Tjoekie Raath 

 

 

Die Pienaargesin in die laat 1920’er jare. Agter: Johannes, Johanna, Danie, Tommie, Bina, Andries (Sangiro). Voor: Sangiro se ouers met Johanna se seun Awie.

 

The Pienaar familie in the 1920’s. Back: Johannes, Danie, Tommie, Bina and Andries (Sangiro). Front: Parents, Martha (Nonnie) and Abel, with Johanna’s son, Awie.

 

On the 23rd of August 1894 on of South Africa’s most loved Afrikaans authors was born on this farm. He was Andries Albertus Pienaar, better known as Sangiro, the second son of Abel Albertus Pienaar and his wife Martha Johanna (“Nonnie”). Abel and Nonnie’s life was typical of the Afrikaners at the time and they shared all the hardship of the Anglo Boer War after which they were persuaded by a German, Oscar Wolff, who had fought side by side with Abel, to emigrate to the “untamed” German East Africa.

 

Sangiro had attended school at Broederstroom in the old farm school under J H Wenting (see 022). The kitchen rondawel, which still exists on the farm, was part of his domain as child. The evangelist, Gipsy Smith and the Texas Jack circus were part of his youth remembrance. The trek to the new land with more hardship and the death of some his brothers and sisters due to malaria were ingeniously reflected in his early prose.

 

“Uit Oerwoud en Vlakte”, was one of the bestsellers in Afrikaans prose for several decades and is historically still regarded as the breakthrough in the budding Afrikaans culture together with Eugene Marais’ “Winternag”-poem. Sangiro was not only a prolific author but also a pioneer of film in South Africa. Many of his works acclaimed world fame. He was twice awarded the Hertzog Prize for Afrikaans prose. His last book “En die Oranje vloei verby” was published in 1951. He died in 1979.

 

Sangiros fate and work is tightly interwoven with the Afrikaners’ cultural struggle, his path having crossed with many others’ like P J Schoeman, Jan F Celliers, D C Boonzaaier, Coert Steynberg, Henk Pierneef, J F W Grosskopf, H A Aschenborn, Hendrik and Mathilda Hanekom, Anna Neethling-Pohl, and many more.

 

It can be seen as a bitter satire that his birthplace, now (ab-)used as a commercial chicken farm carries the name “Sangiro”.

 

 

Sangiro en Joseph Albrecht (sittende weerskante van kamers) saam met die span tydens verfilming van “Die Bou van ‘n Nasie”.

 

Sangiro and Joseph Albrecht (seated left and right of camera) during filming of “The Building of a Nation”

 

 

 

 

Sangiro op tagtigjarige ouderdom.                                                           Sangiro aged eighty.

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer