Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-09-10 Views:  607
Author:  Fanie
Published in:  Suggestion/Aanbeveling
Paul Romer Sê: Harties, Kom Ons Verander Die Reëls

Ons beste kans om ons omgewing te verander in iets beters is nie op nasionale vlak nie, maar eerder daar waar ons bly in ons dorpe en stede.

Hierdie is 'n gedagte wat Paul Romer deurgegee het in een van sy lesings oor die kragtigheid van idees. Paul is een van die top vernuwende denkers in Amerika. Hy dui aan dat daar twee dinge is wat ons lewe ingrypend kan verbeter, naamlik Tegnologie en Nuwe Reëls. Die reëls wat ons tans regeer het baie stagnant geword en ons politieke sisteme het verval in 'n moeras van self-belang.

Paul dui aan ons as gemeenskap kan in beweging kom en die reëls uitdaag waarvolgens ons bestuur word. Hierdie aksie het 'n beter kans op sukses op dorp en stadsvlak. Hy is lief om die voorbeeld van Hong Kong te gebruik, waar 'n stad die dinamiek van 'n hele land positief kon beïnvloed:

In a sense, Britain inadvertently, through its actions in Hong Kong, did more to reduce world poverty than all the aid programs that we’ve undertaken in the last century.
 

Ons as gemeenskap in Harties kan opstaan as ons wil en nuwe reëls vir onsself beding waarmee ons op plaaslike vlak bestuur word. So kan ons dan ook 'n sterk sentrum van welstand en bystand word vir ons hele groter omgewing. Dit is as ons die reëls kan verander om beter reëls te word.

Om dit reg te kry sal ons nou moet saam dink aan 'n stelsel om die reëls verander te kry en dit dan implementeer.

As ons niks doen nie dan verdien ons om maar onder die huidige stel reëls gebuk te gaan.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer