Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-09-21 Views:  545
Author:  JFK
Published in:  Do It ourselves/Doen dit self
Oproep Tot Aksie

Harties inwoners het die absolute voorreg om in ‘n asemrowende plekkie te bly. Ja ons het dieselfde probleme waarmee almal sukkel in SA, maar Harties as sulks is bevoorreg! Die natuurskoon, die wild lewe, kuier plekkies en ja die dam ook. Elke keer as daar probleme opduik is dit altyd dieselfde mense wat reageer en betrokke raak. Die res slaan maar ‘n dowe oor en hoop die wat wel besig is daarmee sal dit uit sorteer.

Dis belangrik dat ons weet wat aangaan en waarmee Harties besig is. Ons wil nie eendag wakker word en dan is dit te laat om iets daaraan te doen nie. As nood druk is dit nodig dat ons almal ietsie doen, ietsie positiefs bydrae en dit maak die groot werk soveel ligter op almal se skouers.

Groot dinge is aan die gang in Harties julle, en dit gaan nie opgelos word deur net die paar mensies wat altyd vir ons baklei. Dis tyd dat ons almal gehoor word en daadwerklik inklim om ‘n positiewe verskil te maak. Onthou, in die langduur gaan dit ons almal raak; ons werke, ons verblyf en ons leefwyse!

Teken ons petisie hier


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer