Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-09-27 Views:  831
Author:  JFK
Published in:  Religion/Geloof
Spreek Ek ‘n Vloek?

Ek sit toe nou die dag saam my vriend Fanie en gesels oor die dinge wat mense sê oor mekaar in Harties en hoeveel skade dit veroorsaak, hoe seer dit maak.

So jaar of wat gelede, was ek baie kwaad vir ‘n sekere koerant omdat hul my nie wou toelaat om ons web tuiste Harties.net by hul te adverteer. Hul wou my nie eers ‘n verduideliking gee hoekom nie? Maar ek is mos nie dom nie; hul was bang ek steel hul lesers! Natuurlik wou ek protesteer maar Fanie met sy rustige wysheid het my stadig maar seker laat verstaan dat ek net myself gaan siek maak met ‘n geveg. Jy weet mos hoe mens is... as jy erens goeie diens kry dan vertel jy gewoontlik een persoon, maar die dag wat jy slegte diens kry dan vertel jy mos sommer vir almal wat jy raak loop, en dan gooi jy dit ook op sosiale media net in geval jy nie almal laat weet het nie!

Fanie noem toe iets baie interessant; daai wet van die natuur (of jy nou in ‘n God glo of nie) – wat jy uitspreek oor ander, kom terug na jou toe! Praat jy positief dan kom dit goed terug na jou, maar as jy sleg praat, spreek jy eintlik ‘n vloek uit oor jouself!

So praat pastoor toe ook vanoggend oor die woorde wat uit ons mond kom en die tweesnydende swaard en die oorlog wat heeltyd in die geesteswêreld aan die gang is. Dit laat my toe dink... Mense (gelowiges asook ongelowig) kan nie genoeg praat oor spoke en demone. Kyk maar as so film vrygestel word dan is dit onmiddelik ‘n top verkoper! Op televisie kyk baie meer mense eerder na ‘ghost hunters’, en ‘paranormal’ goed en vermy maar die kerk kanale (want die ouens preek mos net geld en weelde). Ja hul is baie gou om jou te vertel van ‘n vriend, familie of iemand wat hul ken wat so spook beleef het en dan kry hul sommer hoendervleis as hul jou vertel. Die hartseer is dieselfde mense glo nie in ‘n God nie! Nou hoe nou?

Alles het mos ‘n teenoorgestelde; ‘good and evil’, swart en wit, donker en lig, en vele meer. Die een bestaan juis omdat die ander daar is; dis die wet van die natuur! So hoekom glo mense so maklik aan spoke maar nie aan Goddelike entiteite? Ja hul is baie gou om jou te waarsku oor die gevare van ‘n ‘weegie board’ maar ‘n God, nee ons kom mos van bobejane af!

So ek wonder maar net?


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer