Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-10-02 Views:  789
Author:  JFK
Published in:  Critical/Kritiek
Inligting Gesoek Na Ontvoering!

Donderdag 1 Oktober 2015, ongeveer 12h30 naby ‘n pad stalletjie by die Swartspruit afdraai, was daar ooggetuies van die geweldadige ontvoering in Van Der Hoff weg. ‘n Paartjie en hul pa het gesien hoe ‘n ouerige wit man in ‘n kortbroek, met geweld in ‘n swart Volvo ingeforseer is deur twee swart mans; ‘n derde verdagte was die Volvo bestuurder. Die paartjie het die Volvo agtervolg teen ‘n hoë spoed al langs Van Der Hof verby Silkaatsnek. Die Volvo het Harties binne gejaag en regs gedraai by die Total 4-rigting stop maar as gevolg van die roekelose spoed het kon hul nie bybly nie.

Enigeen met inligting aangaande die voorval moet asb dringend die Hartbeespoort SAP kontak met besonderhede!


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer