Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-10-03 Views:  1188
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Landwye Massa Patrollie Vrydagaand Saam Met Afriforum

Vrydag aand 2 Oktober 2015

Vir die eerste keer in 'n lang tyd kon die gemeenskappe landwyd aan 'n gemeenskap sekuriteit massa aksie deelneem. Hierdie is deur Afriforum georganiseer en het Afriforum buurtwagte ingesluit. Harties se buurtwagte is gestig lank reeds voor die Afriforum inisiatiewe, maar die verskeie buurtwag besture voel dat enige aksies wat dien tot verbetering van ons gemeenskap se veiligheid kan gerus ondersteun word.

Landwyd het meer as 130 buurtwagte en GPF's deelgeneem - 'n totaal van ongeveer 3,000 gemeenskapslede - terwyl alle plaaslike buurtwagte in Hartbeespoort ook deelgeneem het.

Ons verneem dat die verskeie buurtwagte gevoel het dat gemeenskapsveiligheid die belangrikste oorweging is, dat dit 'n uitstekende inisiatief is en dat al die Hartbeespoort buurtwagte Afriforum se aksie ondersteun.

Hierdie volg na die massa vergadering vroeër vanjaar waar Afriforum die mandaat van ons gemeenskap gekry het vir 'n 5-punt plan vir gemeenskapsveiligheid. Afriforum kon dit ook regkry om al die buurtwag voorsitters op een verhoog te kry.  

Die positiewe nuus is dat ons mense kan saamstaan op grondvlak en 'n verskil maak aan ons gemeenskap se veiligheid. Hierdie word aangetoon deur die besige aand wat ons gisteraand ervaar het. Daar was verskeie insidente, naamlik:

- Poging tot motor diefstal by Legends

- Dronk bestuurder in Schoemansville

- Voertuig deur 'n Melodie sekutiteits kompleks muur

- Voertuig met vals nommerplate wat deur Ifafi gery het en op verskeie plekke rondgestaan het; SAP is verwittig en het die VIN nommer kom neem.

- Buurtwag lede wat 2 bejaardes gehelp het deur krag te gaan koop nadat hulle meter uitgehardloop het

- Voertuig ongeluk op die kabelspoor pad waar 'n plaaslike paramedikus en buurtwag lid gaan uithelp het

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer