Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-10-08 Views:  740
Author:  Fanie
Published in:  Suggestion/Aanbeveling
Ooreenkoms Oor Sunway Kragkabels

8 Oktober 2015

Oor die afgelope ruk het daar 'n onuithoudbare situasie ontstaan rondom Sunway weens die onwettige koppeling van krag kabels deur inwoners.

Nadat Madibeng toegelaat het dat 700+ huise in Sunway bewoon word sonder dat daar elektriese dienste beskikbaar was, het die inwoners begin om hierdie basiese diens op onwettige en gevaarlike maniere te bekom. Hulle het direk op die laagspanning terminale van oorhoofse transfomators op omliggende plotte begin koppel. Kabels is dan in die veld bo-op die grond en oor paaie gelê. Binne die residensiële gebeid is gevaarlike oop koppelings op kabels gemaak om af te tak na verskeie huise.

 

 

Buiten 'n direkte skok-gevaar is daar ook 'n brand-gevaar weens onbeveiligde kabels wat oorverhit.

Tshwane amptenare het bevestig dat hulle in twee maande 20+ uitgebrande transformators moes vervang en hulle jaarlikse onderhoudsbegroting vir die area word onder druk geplaas.

Die onwettige koppelaars ruk op in groot getalle om die koppelings te doen en plot eienaars kan net verslae toekyk hoe hulle krag gesteel word. Verder word hulle geïntimideer om nie die koppelings te verwyder nie. Waar transformators uitbrand word hulle dan ook sonder krag en sekuriteit stelsels gelaat wat hulle verder weerloos maak.

Afriforum het die situasie begin aanspreek en gesprek tussen SAP en Tshwane bevorder. Hierdie het uitgeloop op 'n ooreenkoms dat SAP die onwettige koppelings sou verwyder. Hierdie ooreenkoms is egter nog nie deurgevoer nie.

Die volhoubare oplossing sal wees om Sunway te elektrifiseer, dog die huidige toestande is lewensgevaarlik en moet dringend aangespreek word.

'n Dringende hofaansoek is Dinsdag in die hooggeregshof gebring deur Afriforum. Regter Hennie de Vos het SAP, Tshwane en Afriforum se regspanne versoek om  'n skikking te onderhandel.  Vandag is daar ooreenkoms bereik wat behels dat die onwettige kabels gou verwyder moet word en dat die betrokke Stadsrade 'n plan moet voorlê met 'n tyd skaal van wanneer hulle Sunway met krag sal bedien.

Dit is belangrik om hierdie plan met die Sunway inwoners te deel en om hulle te laat besef hoe gevaarlik die onwettige koppelings is. Hopelik sal die betrokke partye hierdie situasie kan ontlont en kan bring tot 'n goeie uiteinde vir beide die plot eienaars en die Sunway inwoners.  

 

 

 

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer