Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-10-11 Views:  979
Author:  WAAIGRAS
Published in:  The Dam/Die Dam
Petitisie Oor Riool In Riviere Wat In Die Dam Inloop

vanaf Helen Duigan - 082 657 2120

Die toestand van die Jukskeirivier is al verskeie jare swak maar vanjaar is dit erger as ooit.  Rou riool vloei aanhoudend vanuit Noordelike Werke.

Ons het met 'n petisie begin (aangeheg) en talle Bewarea grondeienaars, asook ouers van HeronBridge College leerlinge (net om die draai van NW), het dit ingevul. Ons gaan dit aan 'n wye spektrum organisasies, media en regeringsdepartmente stuur.

Die stinkwater en skuim is reeds kilometers verder af in die Krokodilrivier, en dan vloei die Hennops met die tonne skuim en riool ook nog by, voordat dit koers vat Dam toe.  Die arme Dam.

Die sperdatum is om die draai - Vrydag 16 Oktober.  Ek weet dis biejie knap, maar dis reeds verleng van September af.

Laat weet wat julle dink.  Dis ook die hoofstorie in die volgende VeldTalk.  Ek heg ook twee foto's aan - ons het oor NW gevlieg in 'n helikopter om foto's te neem.

Petitsie dokument hier vir jou handtekening


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer