Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-10-20 Views:  1358
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Buurtwag Lede Trek Inbreker Vas In Meintjies Straat

20 Oktober 2015

Vanoggend om 3:30 het 'n baie parate buurman in Meitjies Straat, Schoemansville, 'n inbraak langsaan gefnuik deur die buurtwag te kontak. Die buurman het self die aand tevore besoekers in die tuin gehad en was vanoggend op die uitkyk.

Daar is gemerk dat 3 persone het in die tuin langsaan beweeg. Die radiogemeenskap beheerder - Bravo November - is geskakel en op hoogte gehou, terwyl die nood roep op die radio uit is. Lede van Schoemansville Buurtwag en Harties Watch Estates het vinnig gereageer en die skelms gesteur waar hulle besig was om diefwering te verwyder. Die mense in die huis het nog rustig geslaap.

Terwyl die buurtwaglede snuffel in die tuin trap een jou wrintiewaar so byna op die skelm waar hy wegkruip!

SAP is laat kom en die skelm is gearresteer.

Die normale tendens is die afgelope 3 weke bespeur waar kriminele insidente nader na die einde van die jaar begin toeneem. Ons vra die mense van Hartbeespoort om hierdie tyd veral paraat te wees en om aktief deel te neem aan misdaad voorkoming en sigbaarheidsaksies. 

 

 

  


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer