Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-10-29 Views:  551
Author:  karelnel
Published in:  Interesting/Interessant
ZIF

ZIF

Ek en my Angel het vanoggend op die heilige Sondag soos twee  wafferse heidene na die boskerk toe gegaan. Die diens was in die Goudveld Inheemse bos/ Goudveld indigeneous forest (GIF) naby Knysna en dit was 3 km lank. Ons het die twee uur-lange  diens deurgebring in die Kringe-in-die –Bos-katedraal van Daleen Matthee faam

Ons twee oues van dae het wyslik besluit om net die 3 km diens by te woon en  nie die 9 km lange diens nie, al was die kollekte by die hek vir albei dieselfde naamlik R18 per persoon, of jy nou ‘n bosolifant sien of nie

Dit was ‘n amazing stappie waaroor ek later meer sinvol sal vertel – maar nou net eers hierdie (ware) verhaal. Die boomstomp waar dit gebeur het is nog daar – ek het ‘n foto daarvan as julle my nie wil glo nie.

By die stomp aangekom, so ongeveer ½ km van die einde af, sit daar ‘n proffie en sy botanika-studentegroep van Kaapstad universiteit af. Hulle was seker op een of ander ekskursie in die bos. Ons staan toe ‘n bietjie daar om asem te skep en hoor toe net toevallig die staaltjie wat hy hulle vertel. Hy was deel van die Post Apartheid Renaming Committee wat moes name voorstel vir belangrike plekke in die Suid Kaap. Die ander twee lede was ‘n belangrike politikus en ‘n  streekssangoma wat glo die geskiedenis van die plekke goed geken het. Toe hulle hier by GIF kom het hulle bietjie kopgekrap en weet toe nie mooi hoe om die bos te hernoem nie

Die Sangoma kom toe eerste met ‘n voorstel. Hy sê toe : Ons moet dit na ons president vernoem, want die bos is groot en magtig soos die groot olifant. Die botanis sê toe : Is julle mal – het julle al deur die bos geloop? Die ander twee sê toe : Ja ons het, hoekom? Die botanis sê toe – dit kan tog nie, want as jy in die bos is en jy kyk alkante toe dan is dit net “virgin forest”. Die politikus vra toe vir die botanis: Was jy al in die bos? Hy sê toe: Ja, hoekom? Toe gee hy sy rede: Die naamsverandering is baie gepas want het jy  gesien al die  groot bome in die bos staan penorent net soos die president

Groete

---000--

KPJ Nel

2015-04-19

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer