Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-10-29 Views:  590
Author:  karelnel
Published in:  Interesting/Interessant
Isomere

Isomere

Dis alles hormone se skuld.

Dit het Prof Lerak Kasimov van Rusland bewys in die laat 60’s – vroeë 70’s toe hy in Nature sy bevindinge gepubliseer het oor sy hormoonstudies met (wit) rotte. Maar om die storie te kan verder vat moet ek net eers julle geheue verfris oor wat isomere is. Organiese molekules  (soos ensieme en hormone en proteiene en baie ander goeters) is komplekse kombinasies van  baie atome – soms lang kettings. Die kettings is soms gedraai in spirale en gebind in ringvorms en allrehande ander vorme. Nou kry mens molekules wat so te sê amper identiese tweelinge is, maar nie heeltemal nie. Een draai byvoorbeeld net linksom waar die ander een regsom draai. Een het ‘n waterstofatoom aan die bokant waar die ander een dit aan die onderkant het, maar verder is hulle presies dieselfde, maar nie heeltemal nie. Sulke molekules word isomere genoem.

Nou die Professor Kasimov het sy rotpopulasie in twee groepe verdeel en  hulle  twee isomere van dieselfde molekuul in hulle kos ingegee (Natuurlik mikroklein hoeveelhede, want hormone is natuurlik baie potent). Hy het natuurlik ook ‘n kontrolegroep gehad wat hy ‘n onskuldige placebo-middel ingegee het.  Die hormoon wat hy bestudeer het se naam was Testostraal en die twee isomere was genoem Testosteraal-A en Testosteraal-B – onderskeidelik die A- en B-vorme van die isomeer.

Hy het toe baie interessante gedrag by die groepe opgemerk. Hoewel die groepe in alle opsigte identies behandel is, het die groep wat die B-vorm gevoer is het baie spaarsamig met hulle kos gewerk. Hulle het baie ekonomies gevreet en die oorskot van hulle kos gaan wegsteek in hulle slaaphoekies, en hoe nader dit na die winter toe gekom het, hoe meer spaarsamig het hulle geword. Die A-groep, daarenteen, het hulle kos gulsig opgevreet en die oorskot verkwis en bemors. Wat ‘n vreemde waarneming! Die B-groep se fertiliteit het ook afgeneem in teenstelling met die ander groep wat ‘n besondere hoë fertiliteit, maar ook mortaliteitsyfer gehad het – meer as die kontrolegroep. Hy het toe gewonder wat sou gebeur as hy die twee populasies nou sou saamvoeg. Die gevolge was katastrofaal soos julle kan verwag. Julle kan maar self gaan lees in Nature van  November 1974. Natuurlik kon die rotte dit nie verhelp nie – dit was die kragtige effekte van die besonderse hormoon.

Ek weet nie of die studies al onder mense ook gedoen is nie (ek vermoed nie so nie, want daar sal te veel etiese kwessies ter sprake kom), maar dit lyk my tog of dieselfde isomere ‘n rol speel onder die mensepopulasie. Die arme mensdom kan dit nie verhelp nie, maar party het meer van die A-vorm van die isomeer wat in hulle liggame afgeskei word en ander van die B-vorm.Dit sou kon verklaar hoekom is party van ons kinders se kamers pynlik netjies en ander kinders (in dieselfde familie) ewe pynlik onnetjies. Ook hoekom party kollege toe gaan om te gaan studeer en ‘n graad te kry, en ander op die kampus rondhang om kwaad te doen. Miskien sal dit verduidelik hoekom party hul beste doen om vrede te soek en ander altyd ‘n ‘fight wil pick’. Dalk ook hoekom party kunstenaars hul uiterste bes doen om ‘n beduidende standbeeld te maak and ander kunstenaars hul bes doen om so ‘n standbeeld te beskadig of vernietig. Ook dalk hoekom party mense  ‘n geweldige stelsel soos ‘n kragstasie kan ontwerp, bou , bedryf en instandhou en andere dit laat verval sodat ons nou beurtkrag het. Sies Eskom! Watse hormone gee julle vir julle werkers in die kafeteria kos

Hierdie navorsing van Prof  Kasimov het tog vir ons  belangrike lesse in SA:

  1. Dis alles hormone se skuld en niemand kan dit verhelp nie. So moenie worrie nie. Be happy.
  2. Ons hoef nie ‘n persoon die skuld te gee nie (Byv Jan van Riebeeck)
  3. Ons hoef nie ‘n stelsel die skuld te gee nie (Byv Apartheid of ‘n korrupte regering of Belhar)
  4. Die saak kan verbeter word deur ons dieet aan te pas deur die regte hormoonaanvullings in ons kos te sit.

Groete   ;-)    ;-) (Kyk na die datum hieronder

---000---

KPJ Nel

2015-04-01

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer