Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-10-29 Views:  641
Author:  karelnel
Published in:  Suggestion/Aanbeveling
Die Pil

Die Pil

Toe ek die klein blink papiertjies sny besef ek dis nou ‘n jaar gelede. En die irritasie is steeds weg

Laas jaar het ons probeer grênd wees. Ons het mos afgevlieg kaap toe en als. Sommer ‘n kar gehuur en Stilbaai toe gery soos wafferse ‘professionals’. Eina! Het dit ons gekos!! Daarom hierdie jaar het ek en Ronel, soos al die ander plebs maar weer die langpad gevat hierheen. Hierdie keer met ‘n Jetta. Kan jy glo – ons baie ou Mercedes (wat wys dat ons eens op ‘n tyd ryk was) is te poegaai om so vêr te ry, en ons ou BMW (wat wys hoe ons rykdom agteruitgegaan het) se 360000 km maak hom ‘n bietjie lank in die tand om so vêr mee te ry. Ons moes toe agv die kwessies in die nuwe Suid Afrika, maar weer daal na die vlak van die plebs – en siedaar ons kom hier aan met ons nuwe (tweedehandse) rooi Jetta 1.6. (Nogal outomaties)

Dit was amper nogal soos die groot trek in ‘reverse’. Julle kan nie glo die pakkerasie nie! Ons wou op 19 Maart vroeg wegkom. Moenie glo nie. Dis beplan vir die bediendes se betaling – waar kry mens die kontant? Bank toe ry. By Jasmyn om gaan om droë vrugte te koop. Alles reg te kry vir die student wat ons huis oppas. Alles wat jy op vakansie moet doen bymekaar sit. Al die laaste e-posse beantwoord. Die vakansie se geldsake uitwerk. Alles inpak. Dan die kar laai. Dan eers katte en honde vang en vlooimedisyne agter hulle nekke smeer. Na nog 100 dinge uiteindelik so kwart-voor-een kan ons wegbreek. Dan nog eers petrol ingooi. Ons slaap nag nommer een by my suster-hulle in Bloem. Die volgende dag platvoet na Middelburg Kaap. My skoonsuster was ‘n Namakwalander. Julle moet sien die versameling ‘antiques’ wat sy deur haar lewe bymekaar gemaak het! Moet seker ‘n fortuin werd wees. Op die derde dagreis pak ons die pad aan na Stilbaai – ‘n bietjie verder as ‘n sabbatsreis – al was dit Sondag

Ek het  toevallig laas jaar ‘n outjie by my werk in die gang hoor praat van die irriterende hoesie wat hy gehad het. Die dokters kon nie uitvind wat dit was nie. So het dit lank aangegaan. Ek moes my ore spits, want sien, ek hhet met so ‘n hoesie gesit. Hy kriewel hier in jou keel. Somtyds gee jou stembande selfs so ‘n kramp. Mens wonder later – moet ek nie die ONK gaan sien nie – die ding is nie lekker nie. Maar dis ook nou nie so erg dat jy daaroor huistoe moet skryf nie. Netnou sê hulle jy het piep. Of jy is ‘n sissie. Hy het toe ‘n dokter gekry wat sy probleem opgelos het – baie eenvoudig

Die pad hierheen gister was nogal lekker – al was dit met die Jetta. Die outomaties is ‘n bietjie stadig teen die opdraandes, maar mens kom darem uiteindelik bo- selfs  bo-op die Outeniqua pas. Ek het baie op die nuus gehoor hoe droog dit in hierdie streek is, en jou wrintie – daar van Uniondale af, en veral aan die seekant van die berge kan mens sien – dit kort water. Sommer baie water

By Stilbaai gekom so teen half-vyf was alles in orde. Die nuwe yskas was grênd en was reeds aangeskakel. So ook die geyser. Seker die oom langs die straat. Dit was Sondagaand en Stilbaai was nou rêrig stil. Slegs die “Friendly’ supermark hier onder was oop om vir ons ‘n broodjie te verkoop

Die outjie  het toe vertel, sy dokter het gesê, sy hoesie kom van sy chroniese bloeddruk medikasie af. Hy moes die glo net verander en dan sou sy disselboom weer klop. Dis die dat ek laas jaar met my vol pakkie bloeddruk medikasies afsit na die dokter net hieronder. Ek spin toe vir hom die storie van die irriterende hoesie, en die stembande wat nie lekker is nie en wat die ander tjommie se dokter te sê gehad het. Gelukkig was die dokter een van die slimmes. Hy sê toe – ja, die soort medisyne het ‘n newe-effek van ‘n irriiterende hoesie op ‘n uitgesoekte groep mense – en ek was miskien een van hulle. Ek dag toe – ja, dis seker nooit anders nie – ons is mos nie deel van die plebs nie. Altyd besonders. Hy skryf toe vir my die geel pakkie voor. 30 pille verpak in foelie (miskien nog by Paula-hulle  se fabriek). Elke pil in so ‘n blasie wat jy moet uit druk tot hy so ‘pop’ maak

Dis nou ‘n jaar dat ek op die pil is. En my irriterende hoesie is weg. En my stembande het nognie weer ‘notice’ gegee nie. Ek het weer voor ons weg is van Meerhof gou apteek toe gegaan om my bloeddruk pille te kry, maar ek het nie kans gehad om dit op te sny om alles in die pildosie te kry nie. Dis die dat ek vanmore, die eerste more op Stilbaai die blink papiertjies moet sny. Gelukkig het Ronel haar sker ingepak. Nou hoekom vertel ek jou hierdie flippin lang verhaal? En hoekom was jy so nuuskierig om tot hier te lees? Is ek ‘n ‘sucker’ of is jy ‘n ‘sucker’

Nee man, die ‘bottom-line’ is die volgende: As jy hier aan die verkeerde kant van vyf-en-veertig kom en jy moet begin chroniese bloeddruk pille vat, en na ‘n tyd ontwikkel jy ‘n irriterende hoesie en stemband probleme – gaan sien jou dokter en vertel hom hierrie storie. Miskien is hy ook een van die slimmes wat vir jou sê: Los die Tritace and vat die Tare

---000---

KPJ Nel

2010-03-22

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer