Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-11-03 Views:  959
Author:  JFK
Published in:  Religion/Geloof
My Vye Boompie!

In 2012 het ek in ‘n gaste huis in Monumentpark, Pretoria ingetrek toe ek ‘n nuwe werk daar begin het. Agter in die erf was ‘n groot ou vyeboom wat heelike vrugte gedra het. Toe my ouers uit Witbank vir my kom kuier het, het my pa ‘n stegie van die boom gevat en gesê dat hy dit by hulle gaan oorplant en dien as ‘n teken van ons familie geloof dat ek suksesvol sal wees. So het die takkie toe begin groei in Witbank. Die interessante verhaal van die boompie is dat hy begin verlep het as ek deur swaar tye gegaan het en weer mooi gegroei het wanneer dinge weer beter was met my. So, natuurlik was ek effe angstig vir hierdie klein jong boompie wat met sy groei dadelik my ouers kon ‘wys’ hoe dit gaan met my weg van die familie af.

So gebeur dit toe in 2013 dat die boompie in Witbank feitlik dood gaan tydens my werk krissise en my uiteindelikke aflegging weens die myn bedryf koste besnoeiings. In 2014 kry ek kontrak werk in Harties en die Witbank boompie begin weer floreer. ‘n Halwe jaar later maak my kontrak klaar en die boompie begin sleg verlep. Stert tussen die bene eindig ek toe in 2015 terug in Witbank en ‘n klein bietjie lewe kom terug in die boompie. Bietjie later hierdie jaar kry ek toe ‘n gulde geleentheid om weer terug te keer Harties toe en gryp dit met alle mag aan! My pa besluit toe dis ‘n goeie idee om my ‘n nuwe stegie van die oorsponklike klein vye boompie in Witbank te gee om Harties toe te bring. Om eerlik te wees; ek was nie heeltemal seker of ek dit by my wou hou nie? Mens wil mos nie ‘n indikasie hê van wat ‘dalk’ in jou toekoms mag voorlê! Sê nou net die nuwe boompie gaan dood in Harties en ek vou onder die ‘voorspelling’!

Nie te min het ek met my nuwe vye stegie in Harties opgedaag met een verlepte blaartjie aan die een droë takkie. ‘n Week later het my nuwe ‘landlady’ besluit om die arme takkie te help en ‘n bietjie kunsmis by te voeg... 

Week twee in Harties; ek kry ‘n geleentheid by Konsultant Ingeneurs om ‘n  elektriese opname van ‘n groot kantoor gebou te doen.

Toe gebeur iets merkwaardigs… die takkie begin verwoed groei! Twee nuwe blaartjies, drie, vier en hul hou net aan kom!

Nou na net bietjie meer as ‘n maand in Harties, lyk my vye boompie so!!!


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer