Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-11-19 Views:  615
Author:  Fanie
Published in:  CrimeStop!
Raaisel Oor SAP Operasie Opgelos

19 November 2015

Die inwoners van Harties was Dinsdag 17 November baie nuuskierig toe hulle hope SAP voertuie in die dorp sien rondstaan. Die volgende verklaring van Afriforum verduidelik alles:

https://www.afriforum.co.za/sapd-onluste-eenheid-wag-tevergeefs-vir-tshwane-metro-amptenare/

Die verklaring is as volg verwoord:

AfriForum sal ʼn aansoek van minagting van die hof teen die Tshwane Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Jason Ngobeni bring, indien hy versuim om ʼn hofbevel tot uitvoer te bring wat die burgerregtegroep in Oktober 2015 teen die metro verkry het. Dié hofbevel behels die verwydering van onwettige elektrisiteitsverbindings in Hartbeespoort, Noordwes.

Amptenare van die metro se elektrisiteitsafdeling is glo gisteroggend deur die uitvoerende streeksdirekteur, me. Kgomotso Mohlala, belet om voort te gaan met die verwydering van die onwettige koppelings. Dít, ondanks verskeie beplanningsvergaderings tussen die SAPD en metro-amptenare waarin daar ooreengekom is op die datum. Me. Mohlala se verweer was dat sy nie van die hofbevel bewus was nie en eers die situasie self wou ondersoek.

”Dit is verdag dat senior metro-bestuurders beweer dat hul ondergeskiktes en die regsafdeling hulle nie inlig dat hulle ʼn hofbevel moet uitvoer nie. AfriForum sal nie huiwer om ʼn minagtingsaansoek én ʼn versoek om gevangesetting te bring as hofbevele doelbewus geïgnoreer word nie”, het Pieter Rautenbach, AfriForum se algemene raadgewer vir gemeenskapstrukture, gesê.

RB du Preez, voorsitter van die AfriForum-tak in Hartbeespoort, meen dat belastingbetalers se geld én die polisie se kosbare tyd gemors is, en dat die kostes op die opsetlike amptenare se skouers behoort te rus.

 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer