Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-11-22 Views:  1052
Author:  Fanie
Published in:  Religion/Geloof
Oor Erdekruike En n Slang Se Tong

As daar staan: Ons het ‘n skat in erdekruike – dan is dit werklik so.

Die openbaring van die Gees is geweldig ryk en kosbaar. Daar is net een probleem. Hierdie openbaring word gedra in feilbare mense.

In die oggend vind menige gelowige en filosoof – gelyk – dat mens se gedagtes nog die minste besoedel is met ons daaglikse bekommernisse. Dis die tyd om te delf in die rykdom wat aan ons oorgegee is – al neem ons werklik nog so bitterlik min daarvan aan.

En dit help nie dat die erdekruike wil loop en spog oor hierdie skat wat in hulle is nie – gee eerder al die eer aan die Gewer van die gawes en erken ons eie tekortkominge.  Ons self bly ons eie grootste belemmeraars. By elke openbaring van Bo word die skat sommer dadelik al besoedel met ons eie DNA.

Die slang word gewoonlik gebruik in ‘n negatiewe metafoor. Daar is een plek egter wat Jesus sê: Wees vesigtig soos slange… maar Hy volg dan op… en opreg soos duiwe.

Iemand het eenkeer ook gesê: Die Gees van God kan vergelyk word met ‘n slang se tongetjie: Hy toets-toets die lug en trek baie vinnig terug as die openbaring nie ontvang word nie. As die saad nie op vrugbare grond val nie. Moenie julle pêrels voor die swyne werp nie…..

Die Gees is die erdekruike ook vêr vêr vooruit. Voordat ons nog gister se openbaring heeltemal verstaan beweeg die Gees alweer op nuwe terreine van die huis wat gaandeweg gebou word. Hierdie Huis van God wat gebou word is groter as enige een van ons en word gebou ten spyte van ons. En die nabootser staan altyd te reg om dit wat oorgegee is na te boots en te verwater.

Maar Goddank - die kinders herken hulle Vader se stem elke slag as hy die gordyn op ‘n ander plek vir ons wegtrek en ons so ‘n bietjie kan insien in die Koninkryk wat reeds hier is – in ons. Ons moet dit net aanneem.

Alle eer aan Hom. 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer