Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2014-12-18 Views:  1628
Author:  karelnel
Published in:  Religion/Geloof
Hoe Dink Mens Oor Die Judaisme ? - Deel 1

Hoe dink mens oor die Judaisme? – Deel 1

Die Nuwe Testament leer dat die christelike geloof soos ’n wilde takkie is wat op ’n mak olyfstok inge-ent is en wat groei deur die krag van die oorspronklike wortels, en dat dit daarom onvanpas en dwaas is om  hoogmoedig te wees teenoor die antieke Joodse geloof. Hierdie artikel se doel is nie om hoogmoedig teenoor die Joodse geloof te wees nie, maar bloot om ’n objektiewe ontleding te gee wat van die belangrikste dryfvere onderliggend aan die Judaisme is.

Dit is ook so dat die Bybel gebore is uit die Joodse volk – die instrument wat God verkies het om Sy openbaring aan die mensdom te gee. Derhalwe is die Bybel, veral die Ou Testament, vol van met Joodse kultuur, wette en gebruike. Vanaf die tyd dat die kerk uitgebrei het na die heidendom (na die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag) het dit ’n vraag geword – wat van die Joodse gebruike was Joodse kultuur en watter het te doene gehad met die ware openbaring van God? Snaaks genoeg – vandag is dit steeds relevant.

’n Mens sou dwaas wees om te probeer ontken dat die Jode ’n unieke groep mense is. ’n Aanhaling van die bekende Engelse skrywer, Mark Twain stel dit soos volg:

"If statistics are right, the Jews constitute but one percent of the human race. It suggests a nebulous dim puff of stardust lost in the blaze of the milky way. Properly, the Jew  ought hardly to be heard of, but he is heard of, has always been heard of. He is as prominent on the planet as any other people, and his commercial importance is extravagantly  out of proportion to the smallness of his bulk. His contributions to the world's list of great names in literature, science, art, music, finance, medicine and abstruse learning are also away out of proportion to the weakness of his numbers.He has made a marvellous fight in this world, in all the ages; and had done it with his hands tied behind him. He could be vain of himself, and be excused for it. The Egyptian, Babylonian, and the Persian arose, filled the planet with sound and splendour, then faded into dream-stuff and passed away. The Greek and the Roman followed; and made a vast noise, and they are gone; other people have sprung up and  held their torch high for a time, but it burned out, and they sit in twilight now, or have vanished. The Jew saw them all, beat them all, and is now what he always was, exhibiting no decadence, no infirmities of age, no weakening of his parts, no slowing of his energies, no dulling of his alert and aggressive mind.

All things are mortal but the Jew; all other forces pass but he remains.

What is the secret of his immortality?"

Daar was deur die eeue talle bewegings, en dit is vandag nog so, wat ’n groot sensitiwiteit ontwikkel het vir Joodse gebruike in die Bybel, en wat met groot respek en piëteit daarheen terugkeer. Sulke groepe is oortuig dat daar besondere geinspireerde simboliek agter die gebruike is. Daar is ’n bekoring  in die simbole en handelinge en dit bevredig iets in die soeke na misterie wat in die mens se siel is.

Mens moet onthou dat daar na die tyd van Christus daar heelwat konflik en ’n fundamentele breuk gekom het tussen die Christendom en die Judaisme. Die Christelike geloof is TOTAAL ANDERS as die Judaisme. Dit is NIE dieselfde geloof nie. Die christendom is NIE ’n verdere verloop langs die lyne van Joodse denke nie, maar is, soos ons glo, deel van die ontluikende openbaring van God se heilsplan deur die eeue. Wie by die Joodse kultuur en gebruike vassteek in hul geloof, is uit ‘n Nuwe Testamentiese perspektief soos ‘n persoon wat nie tot volwassenheid gekom het nie. Die Nuwe Testamentiese boeke van veral Hebreers en Galasiers handel uitvoerig oor hierdie saak.

Hoe dink die Judaisme oor godsdienstige sake? Miskien is dit vermetel vir ’n nie-Jood om so ’n vraag te probeer be-antwoord. Wat duidelik behoort te wees is dat die Jode self, met geweldige lang geslagslyne van Rabbi’s, met die voordeel van eeue se oorgelewerede tradisie en oneindige intensiewe studie van die Torah, natuurlik beter  behoort weet oor die Joodse geloof as ons, wat maar eintlik maar op die kant staan en probeer inloer. Daar is ’n ongelooflike omvangryke massa van Joodse kennis en denke agter die Joodse geloof waarvan die meeste christene, insluitende die wat hulle verdiep in pseudo-Joods-christelike praktyke, nie die vaagste benul het nie. Hierdie platform van Joodse denke is die bodem waarin die Joods-Christelike mistisisme ook groei, en daarom sal dit goed wees as mens jouself bietjie sal vergewis van wat die hooflyne van die Joodse godsdiensdenke is. Hierdie artikel is ‘n poging om iets daarvan weer te gee. Meeste van die materiaal is ontleen aan Wikipedia en kan met vrymoedigheid self nagelees word.

Die Judaisme:

Anders as wat die oningelige mag dink is die Judaisme nie ’n monolitiese groep nie, netsoos die Christendom. Daar bestaan talryke strominge binne die Joodse geloof vanaf ultra-ortodokse benaderings tot by baie “verligte” byna ateistiese-filosofiese benaderings. Dit is dus besonder moeilik om “Die Judaisme” te tipeer, deels omdat dit baie moeilik is on die vraag te antwoord: Wie is ’n Jood? Streng gesproke is enigiemand uit ’n Joodse moeder gebore ’n Jood, asook iemand wat tot die Jodendom bekeer.

Die Judaisme is ’n monoteistiese  godsdiens en is gebaseer op die Ou Testament van die Bybel (Tanakh). Vir baie eeue was daar nie ’n bondige formulering van wat die Jode glo nie, maar in die 12de eeu het Maimonides so iets geformuleer en vandag word dit redelik wyd deur Joodse groepe aanvaar. Hierdie “geloofsbelydenis” bevat die volgende:

Ek glo met ’n volmaakte geloof dat die Skepper, geseënd is Sy Naam, dat:

1.            Die Skepper en Gids is van alle geskape dinge. Hy alleen het geskep, skep tans en sal nog alle dinge skep.

2.            Hy is Een en daar is geen ander eenheid soos Syne nie, en Hy alleen is ons God wat was en is en sal wees

3.            Hy het geen liggaam nie, dat hy geen eienskappe van materie het nie en dat daar fisiese vergelyking met Hom kan wees nie

4.            Hy is die Eerste en die Laaste

5.            Tot Hom alleen is dit reg om te aanbid, en dit is nie reg om tot enigiets anders te bid nie.

6.            Dat die woorde van die profete waar is

7.            Dat die woorde van Moses, ons leraar, waar was, en dat hy die hoof van al die profete was, beide van die wat voor of na hom gekom het.

8.            Dat die hele Torah wat nou in ons besit is dieselfde is as wat vir Moses ons leraar gegee is

9.            Dat die Torah nooit uitgeruil sal word nie en dat daar nooit ’n ander Torah sal wees nie.

10.          Dat die Skepper al die dade van mense  en al hulle gedagtes ken soos gekrywe is: Wat die harte van almal geformeer het, wat al hulle dade verstaan (Ps 33:15)

11.          Dat die Skepper die sal beloon wat die gebooie onderhou en die sal straf wat hulle sal oortree

12.          Dat die Messias sal kom en hoewel Hy mag vertoef, ek nieteenstaande elke dag op Sy koms wag.

13.          Dat daar ’n opstanding van die dode sal wees op ’n tyd wat die Skepper behaag.

 

Die opmerksame leser sal maklik ooreenkomste en verskille met die christelike leer kan identifiseer. ’n Paar verskille is die volgende:

- God is ontoeganklik, in teenstelling met Jesus wat God aan ons kom nader bekend stel het. Daar is geen ruimte vir die konsep van die Drie-eenheid nie.

- Daar word nie gepraat van die sondeprobleem van die mensdom nie, en ook nie van die oplossing daarvan nie.

- Geloof speel nie ’n rol nie, maar werke wel

- Daar is geen sprake van genade nie

-Hulle siening oor die Messias is anders.

 

Daar bestaan baie strominge in die Joodse geloof, almal met hulle eie kenmerkende eienskappe. Sommige van hulle word bloot hier genoem sonder verdere bespreking: Ortodokse Judaisme ( Moderne ortodokses, Haredi Judaisme, Hassidiese Judaisme); Konserwatiewe Judaisme; Hervormde Judaisme; Rekonstruksionistiese Judaisme; Joodse vernuwing; Humanistiese Judaisme; Alternatiewe Judaisme. Lees gerus verder hieroor in Wikipedia.

Die belewenis van Judaisme kan nie regtig losgemaak word van belangrike godsdienstige praktyke nie soos byv:

- Godsdienstige klere (Kippah, Tzitzit, Teffilin, Kittel)

- Joodse gebede 3 maal per dag

- Die Shabbat

- Die  feeste ( Paasfees, Pinksterfees, Loofhuttefees)

- Die heilige dae (Rosh Hashanah, Yom Kippur, Hanukkah, Purim)

- Torah voorlesings

- Sinagogediens

- Dieet wette – Kashrut

- Lewensgebeurtenisse (Brit milah, Bar mitzvah, Bat mitzvah ens)

 

Hierdie dinge is binne die Judaisme baie belangrik dit word nougeset nagekom deur sommige strome in die Jodendom. Van die ‘verligte’ strome onder die Jode het reeds baie hiervan verslap, netsoos in die moderne christendom die geval is. Of dit werklike geestelike waarde het, gesien in die lig van die Nuwe Testament, is te betwyfel, maar vorm ‘n belangrike fokuspunt vir Messiaans-Joodse groeperings.

‘n Volgende artikel sal ondersoek instel na die Skrifte wat binne die Judaisme as ge-inspireerd beskou word.

---000---

KPJ Nel

2014-12-18


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer