Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-11-26 Views:  873
Author:  JFK
Published in:  Security/Sekuriteit
Dis Weer Daai Tyd Van Die Jaar!

   

Fanie Smit

November 25 at 10:14am

 

   

Daar is baie insidente in Ifafi die laaste paar weke. Ons het probleme gesien in Longtom, Ou Wapad en Powder. Eergister was daar ook 'n besoek in my erf in Cannon. Lyk of die sluipers baiekeer vanaf 2 am aktief is. Ons mense moet asb paraat wees - veral vir hierdie aanloop na die feestyd. Daar is mense wat sluipers sien in Ou Wapad, maar weet dan nie wie om te bel of wat om te doen nie. Ons moet begin saam werk en veral die weerlose mense bystaan op enige van die wyses beskikbaar. Vir die mense wat nie radio's het nie is daar fasiliteit om die dorp se Bravo radio beheerder nood reaksie nommer te skakel op 079 017 2299. Vandaar word reaksies georganiseer na gelang van die erns van die situasie met kookwater reaksie spanne in elke area. En moenie skaam wees om enige tyd van die oggend te bel nie - al blaf die honde net. Dit bly nog beter om 'n radio te kry, want almal hoor as daar nood is. Kontak vir Renier in die verband of laat weet sommer vir Sonja. Ons het die laaste ruk 'n aantal nuwe radio lede bygekry in al die buurte. Die radios is tans R 1,100 sonder die naambord, maar 'n baie van ons mense kan dit nie bekostig nie. Miskien maar mekaar help hier?

Email Fanie vir navrae oor hoe om 'n radio te kry


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer