Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-12-06 Views:  551
Author:  JFK
Published in:  Where/Waar in Harties
Laaste Mooiblykonsert Vir 2015

Liewe vriende,

 

Hier is ons laaste Mooiblykonsert vir 2015.

 

Henriët Fourie (sopraan)

en

Benjamin Fourie (klavier)

 

voer vir ons ‘n program “DIE AFRIKAANSE KUNSLIED” uit. Dit sluit liedere van ouer komponiste soos S le Roux Marais, Arnold van Wyk, Pieter de Villiers en Cromwell Everson (komponis van die eerste opera in Afrikaans) in, asook twee Suid-Afrikaanse premiere uitvoerings van liedsiklusse van Dirk de Klerk en Etienne van Rensburg. Alle besonderhede is aangeheg.

 

Wanneer: Sondag 13 Desember 2015, 15h30 (half vier namiddag)

R100 per volwassene / R80 per student en oor 80 jr (onder 12 jr gratis) sluit verversings in.

SMS asb u bespreking na 082 8216390, of antwoord op hierdie e-pos.

 

Kom geniet die pragtige musiek en daarna die verversings en uitsig vanaf Mooibly in gesellige    

atmosfeer!

  

Hartlike groete,

Albrecht en Dinkie Holm


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer