Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-12-24 Views:  954
Author:  Fanie
Published in:  Harties Angels
Ifafi Boompies: Skenkers Erken Met Naamplaatjies

As 'n pragtige gebaar van erkenning het Irene en haar man naamplaatjies gaan vervaardig om elke skenker van 'n boompie in die veld tussen Ifafi en Melodie te erken.

Gaan maak gerus 'n draai om te sien wie die besighede en individue is wat so omgee vir hulle omgewing. 

 

Sharon, Irene, Ronel en hulle span sorg steeds dat die gras kort bly en dat die boompies versorg word.

Baie dankie aan hierdie staatmakers! Mag dit dien as aansporing vir ander in die gemeenskap om eienaarskap te neem van ander oop veld gedeeltes en dit in stand te hou.

Dankie ook aan Madibeng Stadsraad wat elke keer 'n grootmaat houer beskikbaar stel vir die gemeenskap om die gemors uit die veld te verwyder.

Daar is reeds 3 boompies gesteel, waarvan die laaste laas week, maar die span sal dit weer vervang:

 

 

Daar is ook weer takke gestort in die veld - reg nadat die Stadsraad houer beskikbaar was!

Ons vra almal om 'n ogie te hou oor ons velde en as iemand onwettig stort of boompies steel - gaan neem foto's en stuur vir ons aan asseblief. 

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer