Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2015-12-26 Views:  610
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
Inbreker Nie Te Skerp - Toe Pas Die TV Nie In Die Pyp Nie

26 Des 2015:

Om die besluit te neem om die misdadige rigting te gaan is al klaar 'n teken dat iets skort daarbo. 'n Duidelike bewys hiervan het vanoggend net na 1 vanoggend plaasgevind toe 'n inbreker / inbrekers toegang tot 'n kompleks kry via 'n stormwater pyp.

 

Die inbreker/s het 'n huis geteiken waar die mense tuis was. Alhoewel die tuin alarm afgegaan het, het hulle nog steeds vinnig toegang gekry tot die huis en net die TV vinnig geskraap en spore gemaak.

Waarmee hulle nie rekening gehou het nie is die buite dimensies van die TV in vergelyking met die diameter van die stormwater pyp.

 

 

Die inwoners het hulle goed terug gekry. Verskeie inbreek gereedskap is ook gevind wat wys dat hulle redelik haastig vertrek het. Die gebeurtenis wys uit dat elektriese heining, nuut geïnstalleerde perimeter beligting en die gemeenskap kommunikasie stelsels goed werk.  

 


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer