Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2014-12-24 Views:  744
Author:  Fanie
Published in:  HartiesWatch
24 Des 2014 - Man Kritiek Na Huisroof In Elizabeth Str

Insident in Elisabeth Straat Schoemansville

24/12/2014, 02h55

'n Man in Elizabeth straat is tans in kritieke toestand in die hospitaal, nadat hy, wat na berig word, 4 skietwonde en 'n steek wond opgedoen het, nadat 'n rower toegang tot sy huis verkry het. Genadiglik was sy vrou en kinders nie op die perseel ten tyde van die insident nie.

'n Radiolid het ingeroep namens 'n inwoner in St Monica om te rapporteer dat hulle 'n geroep om hulp in die omgewing gehoor het. Schoemansville Buurtwag patrollie vind toe 'n gewonde blanke man voor sy huis in Elizabeth straat. Die Buurtwag koordineerder ontbied toe SAPD en verskeie persone ontbied 'n ambulansdiens. 

Die inwoner het wakker geword met 'n inbreker in sy kamer. Hy het hom teëgesit en is in die proses gewond. Hy het die inbreker wat deur die gebreekte ruit na buite gevlug het, agterna gesit. Die inbreker is ook gewond, moontlik deur die ruit se gebreekte glas. 

SAP en sekerheidsfirmas het vinnig op die toneel opgedaag. PPS het ook vanaf Brits gekom vir spesiale bystand. Die ambulansdiens het na 'n rukkie ook opgedaag om die persoon na die hospitaal te vervoer. 

ADT het 'n wag aangestel om huis op te pas totdat SAPD klaar is met hul ondersoek. 

Hierdie is die 3de geval in 2 dae waar daar ingebreek word terwyl die inwoners in die huis is. Met die vorige twee gevalle is die inbrekers vermoedelik gesteur want niks was gesteel nie. 

Wees op die uitkyk vir 'n beseerde man wat dalk weer in die strate sal wees in die week.

Ons bid vir Michael se vinnige herstel en ook vir sy vrou en kinders, wat alhoewel hulle nie tuis was nie, getraumatiseerd is.

Ons verneem daar is goeie leidrade wat opgevolg word - moontlik gemaak deur die vinnige optrede van die reaksie dienste.


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer