Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-01-14 Views:  1032
Author:  JFK
Published in:  Incident/Voorval
Mag Die Son Nie Oor Ons Almal Skyn Nie?

As Harties.net kry ek ‘scaly’  oproepe, en 'dicey emails' … Wie is ek? Waar is ek? Wat doen ek?  Die hele gesprek raak sommer ongemaklik en ‘n mens kry die gevoel dat dit meer ‘n ‘hekse jag’  is as om eerder opreg te wil weet wat Harties.net se doel is en wat ons boodskap is?

Harties.net was gestig deur myself Kobus JFK en Fanie Smit en ons is hier net vir ons gemeenskap!

Ons boodskap is eenvoudig om te verstaan en sonder enige verborge agendas; Om absoluut betrokke te wees by die heerlike glimlaggies en hartseer trane van ons juweel van ‘n dorp. As ‘n gemeenskap het ons die unieke geleentheid om saam te staan en oplossings te vind vir probleme wat ons almal raak en alledaagse goeie nuus ook mee te deel.

Harties.net is neutraal. Dit is nie ons doel om te besluit wie is reg of wie is verkeerd - ons vertel die hele storie net soos dit is en gee almal die geleentheid om self te praat en self te besluit. Wedersydse respek en ordentlikheid kan mos gebeur al hou jy nie van iemand se opinie of die persoon?

Maar vir een of ander verborge rede is daar Harties mense wat die duiwel agter die deur gaan soek; en daar is niks! Al wat hul gaan vind is ons passie vir Harties!


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer