Views!
HUNDREDS of daily LOCAL views - THOUSANDS of monthly LOYAL readers! THE MOST POPULAR ATTRACTION IN HARTIES!
Published:  2016-01-18 Views:  710
Author:  JFK
Published in:  Our Kids/Ons Kinders
Skole Atletiek Vir Sosiale Ontwikkeling

Ek onthou toe ek op laêrskool was, ek was nie juis sport ge-orinteerd nie en het meer gepresteer in akademie. In my dae op primere skool was akademiese prestasies meer op die voor front en atletiek was maar net nog ‘n doel wat ons moes bereik. Met my goeie vordering in klas was ek toe as prefek verkies en later hoofseun.

Toe kom hoërskool en groot was my verbassing dat die hele skool sport mal was. Al die populêre seuns en meisies was sport sterre van die skool. Ek het wel opgemerk dat hul akademiese vordering nie juis op die voorgrond was nie maar dit lyk nie te belangrik gewees het nie aangesien hul so fantasies was in sport.

Die begin van elke jaar was vir my ‘n nagmerrie wat ek eerder graag sou wou vermy. My pa het nie in skole sport geglo nie en gevoel dis ‘n mors van geld om die nodige klere en toerusting vir ons aan te koop. Met die gevolg dat ek altyd ‘n maatjie se rugby broek, hemp, kouse en skoene moes leen as ek gespeel het. Die was vir my ‘n hartseer verleentheid maar die onderwysers het dit nie so gesien nie. Natuurlik was ek ook klein en skraal gebou, glad nie vinnig nie en het altyd les op gesê op die rugby veld; maar nou ja...

Dan was daar ook natuurlik die atletiek uitdunne. Al ons leerlinge moes aan al die veskillende atletiek soorte deelneem om te sien waarmee ons goed is al dan nie. Ek het nooit plek in die atletiek spanne gekry na uitdunne en dan maar elke keer verdaag na die kadet orkes, koor, solo sang en kuns. Ek onthou ek was eenkeer goed met skyfskiet, tot my pa daarvan gehoor het en dit ook stop gesit het.

 

So het ek dan opgeinding in die ‘nerd’ groep van die skool en natuurlik ‘n maklike teiken vir al die ‘jocks’ en boelies in die skool. Skool toe gaan was maar ‘n straf elke dag en ons groepie ‘nerds’ het maar altyd naby mekaar probeer bly en al die ander se pad vermy soveel as wat ons kon.

 

Nou baie-baie jare daarna kan ek terug dink aan als en besef hoe noodsaaklik skole sport is vir sosiale groei en die gesonde ontwikkeling van ‘n kind. Met atletiek, tennis, rugby, hokkie en netbal het ek gesien hoe die verkose atlete saam speel, saam baklei, saam verloor en saam wen. Ja natuurlik het ek ‘n klein deeltjie daarvan gesmaak as ons koor ouens ‘n sang kompetisie wen of ons kadet orkes doen goed in kompetisie teen ander skole maar die gevoel was beslis nie so opgewonde soos die atlete wat als uithaal terwyl jy jou keel droog skreeu vir dieselfde ou wat jou later weer so afknou; net sodat hy die ander skole span se ou sal laat verloor.

Skole sport is beslis ‘n noodsaaklike lewensles. Dit leer jou om in ‘n span saam te werk wanneer dit kom by rugby of netbal. In atletiek kompeteer jy teen jouself en begin die waarde besef van harde werk en jouself verder te druk. Dit bied jou ‘n doelwit om vinniger te wees en beter te wees. Net so belangrik is die feit dat skole sport jou leer van verloor. Om ‘n nederlaag te lei en dit te aanvaar dat die ander span meer voorbereid as jul was.

 

Om te wen is belangrik ja, maar na skool kom die werklikheid van die lewe en die kompetisie daar buite is straf en baie ernstig. So dit is ook ‘n prioriteit om te weet wanneer jy verloor het en jou pakslae te vat. Maar die feit bly staan, jy moet jouself opbeur en regop staan, jou rug reguit maak en jou oë voorentoe rig op jou nuwe wen streep en wat jy nodih het om te doen om daar uit tekom.

Jy gaan nie altyd wen nie, maar verblyf jouself wanneer jy jou doelwit bereik. Hou net in gedagte dat daar partykeer iemand daar buite is wat dalk net ‘n klein bietjie meer smag na dieselfde wenpaal wat jy in gedagte het en die een met die meeste dryf en passie... gaan die wedloop voltooi!


Directors: S.A.M Smit & J.F Koster - Copyright ©2018 HartiesNet (Pty) Ltd - our Disclaimer